Naar hoofdbladzijde / Na hoofbladsy
  Thuis/Tuis   |   Marcel Bas   |   Nieuws/Nuus   |   Vragen/Vrae   |   Links/Skakels   |   Contact/Kontak


Artikelen en bijdragen
Artikels en bydraes

De Afrikaanse taal
Die Afrikaanse taal

De Nederlandse taal
Die Nederlandse taal

Zuid-Afrika
Suid-Afrika

De Afrikaanstaligen
Die Afrikaanstaliges

De Nederlandse cultuur
Die Nederlandse kultuur

Heel-Nederland
Groot-Nederland

Europa
Europa

De volksliederen (MP3)
Die volksliedere (MP3)

Texts in English
Tekste in Engels

Het Zwarte Piet-hoekje
Die Zwarte Piet-hoekie

Grote AF-NL woordenlijst
Groot AF-NL woordelys



U kunt hier het boek bestellen





Teken of kyk na ons besoekersboek



Volg ons ook
op Facebook

Volg ons ook op Facebook

De Roepstem
Die Roepstem




eXTReMe Tracker
Ter verdediging van Zwarte Piet

'n Volkskundige(r) betoog, in Afrikaans

  Deur Marcel Bas




  Inhoud

  Inleiding

  "Rassisties"

  John Helsloot en Andrée van Es

  Wat sê die volkskundige bronne?

  Zwarte Piet is baie ouer as slawerny

  Rasbehepte kritiek

  Geraadpleegde boeke en webwerwe

  Kontak en bestellingsinligting



Zwarte Piet

               Zwarte Piet


Ek het 'n boek oor Zwarte Piet geskryf (klik hier vir meer inligting). Ek het dit geskryf omdat ek my vervies vir die huidige oppervlakkige, rasbehepte en met slawerny gepreokkupeerde debat oor hierdie Nederlandse mitiese kindergunsteling. Want dit gebeur nou elke elke jaar dat '’n klompie mense kapsie maak teen die Zwarte Piet-gebruik gedurende die Nederlandse Sinterklaasfees. Die daardeur ontketende debat word dan gewoonlik met emosies eerder as met feite gevoer. Maar ek het die boek veral geskryf omdat ek weet weet dat 'n blik in die Nederlandse folklore 'n heeltemal ander beeld van Zwarte Piet skets.

In 2013 het dié debat baie vroeg begin en dit reik selfs tot ver buite die Nederlandse en Belgiese landsgrense. Reeds op 4 Oktober het 21 persone by die Amsterdamse munisipaliteit beswaar ingedien teen die teenwoordigheid van Zwarte Piet gedurende Sinterklaas se feestelike nasionale intog op 16 November 2013. Daarby het op 19 Oktober bekend geword dat die Verenigde Nasies na aanleiding van klagtes 'n ondersoek gaan instel na die vraag of die ou, Nederlandse, folkloristiese Zwarte Piet rassisties is (hier is 'n afskrif van die brief aan die Nederlandse regering). Selfs die Nederlandse premier Rutte het verklaar dat Zwarte Piet nou maar swart is, soos sy naam laat vermoed.
Zwarte Piet was skielik wêreldnuus.

Wat gaan aan, in Nederland? Is die Nederlanders moeg vir hulle tradisies? En wie is Zwarte Piet nou eintlik?


"Rassisties"

Zwarte Piet -– Père Fouettard in die Franstalige gedeelte van België –- is die helper van die Nederlandse en Belgiese Sinterklaas, wat 'n biskop is. Hy deel geskenkies vir die kinders uit, en hy dra sewentiende-eeuse glansklere met '’n ewe-eens outydse meulsteenkraag en '’n volstruisveer in sy hoed. Kinders is mal oor hom. Maar daar is '’n probleem: sy gesig is pikswart, hy het rooi lipstiffielippe, swart krulhaar, goue oorringe in, en om dinge nog erger te maak: sy baas is ’'n statige, wit, wys heilige in '’n rooi biskopsgewaad aangetrek, getooi met '’n rooi myter en hy het '‘n pragtige, golwende wit baard en wit hare wat tot op sy skouers hang.

“"Dis rassisties!"”, skree veral swart Nederlanders en swart immigrante met oor-oor-oorgrootouers wat dikwels slawe was. Volgens hulle word Zwarte Piet ten opsigte van Sinterklaas uitgebeeld as '’n “prototipiese, dom neger”. Sy rooi lippe, oorringe en dikwels vermaaklike gedrag bevestig glo rassistiese vooroordele. Party mense wat Zwarte Piet speel, gee hom selfs '’n Surinaamse of Antilliaanse aksent. Sommige kritici beweer dat Zwarte Piet hulle aan Blackface herinner. Blackface? Blackface was lank gelede '’n deur blankes opgevoerde karikatuur van ‘'n neger wat in die Amerikaanse Suide gevind kon word op verhoë waar slegs blankes toegelaat was. '“Zwarte Piet kom regstreeks uit die era van slawerny en nou is die tyd om hierdie aaklige, lewende herinnering daaraan af te skaf”', roep hulle.

Miljoene argelose Nederlanders en Belge - wat al vir generasies met Zwarte Piet grootgeword het en van wie derduisende – mans en vrouens Zwarte Piet speel - word nou vertel dat hulle al die tyd rassisme in die hand gewerk het. Die debat raak elke jaar al hoe feller.

In 2011 was '’n paar swart mans hardhandig aangekeer omdat hulle by die feestelike Sinterklaas-intog in Dordrecht betoog het teen Zwarte Piet. 'Hoe kan hulle tog so’'n onskuldige kinderfees verbrou?”', het die meeste mense gewonder. “Zwarte Piet is mos slegs swart omdat hy deur die skoorsteen geskenkies kom bring het”, werp hulle teë. Dit is wat ouers vir hul kinders antwoord op die vraag ‘"Waarom is Zwarte Piet swart?"’


John Helsloot en Andrée van Es

’'n Aktivistiese volkskundige, John Helsloot, het in 2011 en 2012 beweer dat Zwarte Piet '’n onlangse en “in essensie rassistiese verskynsel” is. Helsloot het immers ’'n negentiende-eeuse Amsterdamse bron gevind vir die vroegste vermelding van “een kroesharige neger” aan Sinterklaas se sy. In die negentiende eeu was 'n swart bediende soms '‘n statussimbool vir ryk Amsterdamse koopliede. Zwarte Piet se swart gesig het dus niks met '‘n skoorsteen te make nie. Helsloot stel voor om Piet se gesig voortaan te besmeer met “slegs '’n paar roetstrepe op die wit onderlaag”. Vervolgens beweer (herhaal?) die Amsterdamse ver-linkse landdros Andrée van Es in 2012 dat Piet iets van onlangs is, rassisties is en sal moet verdwyn. Ook sy stel '“een paar roetvegen”' op die gesig voor. En nou bemoei die VN hom daarmee en begin Amsterdam swig voor die kritiek.

Laat ek gou die kritiek saamvat: Zwarte Piet is ‘slegs’ negentiende-eeus, hy is '’n negentiende-eeuse swart slaaf, Sinterklaas is sy baas en Zwarte Piet beantwoord aan blanke vooroordele t.a.v swartes.


Wat sê die volkskundige bronne?

Ek lees graag boeke oor volkskunde en dit was vir my altyd duidelik dat Zwarte Piet nie rassisties of 'n onlangse verskynsel is nie. Vir my boek Zwarte Piet: discriminerend of fascinerend? het ek literatuurnavorsing gedoen en bronne geraadpleeg wat Sinterklaas noem (o.a. Schrijnen [1915], Schwabe [1969], De Benoist [1996], Van der Ven, Van de Graft [1978], Grolman [1931] en Farwerck [1970]) beskryf talle plekke in Wes- en Middel-Europa waar donker en swart gegrimeerde figure aan die sy van verskeie Sinterklaastipes te vinde is. Hulle is sinterklaasmetgeselle wat soms lyk soos ’'n duiwel of, in Duitsland, soos '’n geheimsinnige, duistere man met '’n donker baard wat '‘n bruin, middeleeuse goiingpak aanhet. Weer ander swart gegrimeerde figure dra dierhuide, horings en kettings. Soms het die Sinterklaas versmelt met hierdie wilde paaiboelies of ontbreek hy sommer.

Deesdae is die verskyningsvorme van Sinterklaas en Zwarte Piet in Nederland en België nogal eenvormig: die biskop met swart metgeselle is tans die ‘amptelike’ vorm. Nietemin word hierdie volksgebruik in die sogehete nikolaasmaskerades gekategoriseer. Vroeër was daar allerhande soorte nikolaasmaskerades te vinde in Nederland en België. Daar was ‘Zwarte Sinterklazen’ in die Veluwe-gebied, daar was 'n Sinterklaoskerl in wieve-goed ('’n onherkenbare fopdosserfiguur) in die ooste van Nederland en op die Wadde-eilande vind ons nog steeds ‘Klozems’ en Sundrums, wat soms swart gesigte het. In Friesland was daar nog onlangs '’n Sintrom in '’n wit laken met '’n swart Pieter. Volgens die bronne het swart gegrimeerde Sunderklaze die sestiende-, sewentiende- en negentiende-eeuse Amsterdamse woonbuurte geterroriseer, op soek na stout kinders.

Hulle noem dat die donker-gebaarde en dikwels swart-gegrimeerde Sinterklaasmetgesel in Duitsland Knecht Ruprecht genoem word. In die Franse Elsas is hy Hans Trapp, in Luxemburg word hy Houseker genoem, in Switserland is hy heeltemal pikswart en word
Schmutzli in Switserland

'n Switserse Schmutzli; Knecht Ruprecht se Helvetiese boetie

hy Schmutzli genoem. Schmutzli praat simpel, net soos Zwarte Piet eertyds. Hy dra nes Zwarte Piet en Knecht Ruprecht '’n goiingsak en '’n roede: 'n bossie takke waarmee hy kinders (in teorie) kan piets. In Oostenryk is Krampus en Percht nie altyd swart nie, dra hulle mande en jaag hulle met hul duiwelse voorkomste jongmense op. Elders het ook Sint-Maarten (11 November) swart metgeselle, en op ander plekke jaag gemaskerde jong mans met roedes ander jongmense (veral meisies) op, om hulle pietsend vrugbaarheid te bring. By weer ander wintergebruike, sonder Sinterklaas, klap gemaskerde jong mans met swepe terwyl hulle oor akkers stap; hulle bring so volgens die tradisie vrugbaarheid teweeg.

Indien al hierdie volksgebruike ’n gemeenskaplike oorsprong het, en volkskundiges dink dit is oorduidelik die geval, is dit baie waarskynlik dat die oorspronklike Sinterklaasmetgeselle nie negroïed, soos die Nederlandse Afro-Piet, gelyk het nie. Zwarte Piet het wel baie gemeen met hierdie Europese argetipes. Hulle dra dikwels '’n roede; hulle is dikwels swart of donker gegrimeer; net soos Sinterklaas ry hulle dikwels op '’n skimmelperd; hulle dra '’n sak;
Sankt Nikolaus und Knecht Ruprecht

Die Duitse Sankt Nikolaus und Knecht Ruprecht. Hulle is dieselfde figure as Kleeschen an Houseker en le Saint Nicolas et Père Fouettard. Die donkergeklede kneg dra 'n swart baard, 'n sak en 'n roede

hulle gooi vrugte en neute (in Nederland soetgoed en pepernoten -– klein gekruide koekballetjies); hulle bring geskenke of maak vir die jongspan bang.

Volgens die bronne dui hierdie gebruike op '’n heidense besinksel. Die volksgeloof sê dat Sinterklaas op sy skimmelperd oor die dake kan vlieg; Sinterklaas is 'n statige figuur; het '’n lang, wit baard; Sinterklaas en Piet kom snags deur die skoorsteen by die mense kuier; by die kaggel los die mense voer vir die skimmelperd gedurende sy nagtelike besoek. En Piet maak geraas, klop op die deure, en veral vroeër het hy stout kinders met die roede gepiets en het hy almal bang gemaak met kwajongstreke. Sinterklaas en Zwarte Piet is oorblyfsels van die ou, voorchristelike, Germaanse Wodanreligie. Lank gelede was neute en die roede vrugbaarheidsimbole. En groepies manne het Wodan en sy Wilde Leër dikwels nageboots om hulle te nooi om nader tot hulle te kom. Die Wilde Leër het uit gesneuwelde stryders bestaan, wat swart gesigte gehad het omdat hulle van die Onderwêreld afkomstig was. Met Wodan se seënings kon die manne vrugbaarheid en voorspoed oor hulle gemeenskap afroep. Sinterklaas is Wodan en die swart Piete is gesneuwelde Onderwêreldkrygers -– of nabootsinge daarvan. Die Kerk het in die Middeleeue geprobeer om die heilige Nikolaas (en elders Sint-Maarten) op die plek van Wodan as aanvoerder van die hemelse Wilde Leër te plaas. Die skimmelperd kon egter nie weggewerk word nie.

Net soos Sinterklaas het Wodan op sy skimmelperd oor die dakke gevlieg; Wodan was statig; het ’'n lang, wit baard gehad; die skoorsteen was die huis se verbinding met die ander wêreld en Wodan en sy gesneuweldes kon so snags by die mense kos en (hooi)offers kom kry. Die heidense nabootsers het ook kos en offers gekry en geraas gemaak, goed gesteel, het jongmense ontvoer om hulle by hul groep in te wy, en hulle het jongmense gestraf of vrugbaarheid gebring.


Zwarte Piet is baie ouer as die slawerny-era

Die Wilde-Leër-nabootsers se gesigte was ook meestal swart. Uit hierdie gebruik het Sinterklaas en Zwarte Piet voortgekom. Is die swart Piete dus negentiende-eeus? Onder andere. Hulle is ook veertiende-eeus, tiende-eeus, vyfde-eeus…... So wat van die kritiek dat Zwarte Piet ’'n negentiende-eeuse slaaf van Afrika is? Wel, dis bog. Dit sê meer van hulle wat dit beweer, as van die geskiedenis. Ons het mos gesien dat die hiërargiese verhouding van die sinterklaas ten opsigte van die swarte metgesel glad nie veroorsaak is deur rassisme of wit baasskap nie. Dit wys op vergelykbare volksgebruike elders in Europa, en dit herinner ons aan die geskiedenis van die Wilde Jag waarin die sinterklaasmetgeselle almal op hul heeltemal eie wyses swart gekleur is.

Hierdie kritiek is eintlik baie modern. Maar die Afrika-voorkoms van die huidige Zwarte Piet is ook modern. Dit is so dat hy eers vanaf die negentiende eeu in Amsterdam hierdie tropiese uiterlik gekry het. Hierdie nuwe, buitenste Afro-voorkoms was egter slegs te wyte aan die onvermoë van die destydse mense om sin te maak van hierdie swart skim uit die heidense verlede. Dus het hulle gekyk na die prototipe van '’n Moor - '’n tipe swartman, wat in sewentiende-eeuse klere op baie plekke afgebeeld was in boeke en op winkels.


Rasbehepte kritiek

Die kritiek op Piet is weliswaar modern, maar die argumente teen Zwarte Piet is ook eng, oppervlakkig, rasbehep en getuig van postkoloniale frustrasies. Dit wys '’n baie beperkte kennis van die geskiedenis. Inderdaad, Zwarte Piet is nie swart van die skoorsteen nie. Maar dit is ewemin so dat sy ondergeskiktheid aan Sinterklaas op rassisme gebaseer is. Slegs swart roetstrepe op Zwarte Piet se gesig - soos hierbo deur aktiviste voorgestel - is '’n slegte oplossing vir hierdie na bewering rassistiese volksgebruik; die Zwarte-Pietspelers sou herkenbaar wees en die hele, eeue-oue Nikolaasmaskerade sou so opgedoek word. Ek wonder regtig waarom '’n volkskundige soos John Helsloot súlke radikale voorstelle gedoen het. Sy voorstelle kry, helaas, baie navolging by die meningsvormers.

Die meeste kritici wil nie dat Piet sommer verdwyn nie. Sonder Piet aan sy sy sou Sinterklaas - '’n te ernstige, effens naïewe biskop - immers verlore wees. En kinders sou hul gunstelingfiguur verloor. Sedert die Sestigs slaan hy hulle in elk geval nie meer met die roede nie. Hy lyk glad nie meer soos daardie onderdanige neger - laat staan nog daardie slaaf! - wat sy teenstanders in hom wil sien nie.

Miskien sou die reklameagentskappe Zwarte Piet met minder (oordrewe) negroïede uiterlikhede moes afbeeld (minder opvallende lippe, geen kroes- maar krulhare), en Zwarte Piet-spelers kan daarvoor kies om hom nie 'n Surinaams-Antilliaanse aksent te gee nie. Maar Zwarte Piet moet wel swart bly! Sonder '‘n swart Zwarte Piet sou ons breek met ’'n tradisie van baie, baie eeue. Kom ons hoop dat ons hierdie ou fees kan vrywaar van moderne, multikulturele frustrasies en dit aan ons kinders kan oordra.





Geraadpleegde boeke:

Benoist, Alain de (1996). Les Traditions d'Europe, Nouvelle édition révisée et augmentée. Arpajon: Éditions du Labyrinthe

Farwerck, F.E. (1970). Noordeuropese mysteriën en hun sporen tot heden. Deventer: Ankh-Hermes

Graft, C. Catharina van de & Haan, Tj. W. R. de (1978). Nederlandse volksgebruiken bij hoogtijdagen. Utrecht: Prisma-boeken

Grolman, H.C.A. (1931). Nederlandsche Volksgebruiken. Kalenderfeesten, naar oorsprong en beteekenis. Zutphen: W.J. Thieme & cie

Schrijnen, Jos. (1915). Nederlandsche Volkskunde, eerste deel. Zutphen: W.J. Thieme & cie

Schwabe, Erich (1969). Schweizer Volksbräuche. Zürich: Silva Verlag

Ven, D.J. van der (jaartal onbekend). Ons eigen Volk in het Feestelijk Jaar. Kampen: J.H. Kok n.v.


Geraadpleegde webwerwe

Helsloot, J. (2006) De oudst bekende naam van Zwarte Piet: Pieter-mê-knecht (1850). Geraadpleeg op 1 december 2010.
http://www.meertens.knaw.nl/
cms/nl/nieuwsbriefteksten/nieuwsbriefuitgelicht/
143677-de-oudst-bekende-naam-van-zwarte-piet-pieter-me-knecht-1850


http://lb.wikipedia.org/wiki/Kleeschen



Kontak en bestellingsinligting

Die outeur, Marcel Bas, het onlangs '’n boek oor hierdie materie geskryf: Zwarte Piet: discriminerend of fascinerend?. Dit is uitgegee deur die Nederlandse Uitgeverij Aspekt. Vir navrae en bestellingsinligting skryf gerus na zwartepietboek@gmail.com

20 oktober 2013



Tweeten
Twiet



  Naar boven  |  Marcel Bas, Voorschoten, Nederland   |  © Kopierecht M.R. Bas   |   Volg ons ook op Facebook   Stuur ons een bericht / Stuur ons