|  | 
        
            | 
                    
                
                    
                        |  | 
                                | 
    
    | Marcel Bas 
 
 Die hoofredakteur stel hom voor 
 
 |  
  
  
    | 
Marcel Bas (1970) is 'n taalkundige wat spesialiseer in Afrikaans. Hy is gebore en getoë in Nederland en hy bly in 
        Voorschoten, Nederland, maar hy kuier gereeld in Port Elizabeth, 
Suid-Afrika. Hy is 'n eindredakteur en 'n vertaler van 
        Engels, Afrikaans, Duits en Nederlands. Daarnaas gee 
 
        
        hy privaatklasse in Afrikaans en Nederlands. Hy is sewe tale magtig.
          | 
              
              
                |  Marcel Bas, die hoofredakteur |  |  
 Sy 
boek Code-switching in the Afrikaans speech community of South Africa: Can Afrikaans-English code-switching lead to a language shift to English? (2019) handel oor die blywende en moontlike gevolge van 
Afrikaans-Engelse taalvermenging (kodewisseling) vir Afrikaans.
 
 Daarnaas skryf hy oor maatskaplik-kulturele kwessies: sy boek
Zwarte Piet: discriminerend of fascinerend? (2013) handel oor die oningeligte ophef wat ontstaan het oor die ou Nederlandse folklorekarakter Zwarte Piet.
 
 Hy is tewens 'n outeur vir die Vlaamse nuus- en meningswebwerf Doorbraak en die Suid-Afrikaanse tydskrif Perspektief van die Vryheidstigting.
 
 In die verlede het hy geskryf vir maatskaplik-kulturele
tydskrifte soos
Sta-Vast (1991-2000), Zuid-Afrika Nú en Saamtrek (1992-2000), Zuid-Afrika (1996), die SOS-Nieuwsbrief voor Metapolitiek (1999-2001), Weerwoord 
(1998-2002) en Bitter Lemon (2007-2008).
 
 - LinkedIn-bladsy
 - Academia-bladsy
 - Uitgewersbladsy
 - Vertaalwerkprofiel
 - Outeurbladsy by Doorbraak
 
 E-pos: roepstem@hotmail.com
 |  
 
 
 
 
 
 
 | 
 |  | 
                
            
        
        
            | 
                    
   
      | Naar boven
 |  Marcel Bas, Voorschoten, Nederland  
|    Kopierecht M.R. Bas  
|     |  |