Naar hoofdbladzijde / Na hoofbladsy
  Thuis/Tuis   |   Marcel Bas   |   Nieuws/Nuus   |   Vragen/Vrae   |   Links/Skakels   |   Contact/Kontak


Artikelen en bijdragen
Artikels en bydraes

De Afrikaanse taal
Die Afrikaanse taal

De Nederlandse taal
Die Nederlandse taal

Zuid-Afrika
Suid-Afrika

De Afrikaanstaligen
Die Afrikaanstaliges

De Nederlandse cultuur
Die Nederlandse kultuur

Heel-Nederland
Groot-Nederland

Europa
Europa

De volksliederen (MP3)
Die volksliedere (MP3)

Texts in English
Tekste in Engels

Het Zwarte Piet-hoekje
Die Zwarte Piet-hoekie

Grote AF-NL woordenlijst
Groot AF-NL woordelys



U kunt hier het boek bestellen





Teken of kyk na ons besoekersboek



Volg ons ook
op Facebook

Volg ons ook op Facebook

De Roepstem
Die Roepstem





Die Boere in vandag se Argentinië

Die wonderlike geskiedenis en hede van 'n merkwaardige gemeenskap

100 jaar Boere in Argentinië:
1902 - 2002
Die vlag van Argentinië Die vlag van Suid-Afrika


Van die mense voor die hotel is Camillo Ricchiardi, wat die 1902-immigrasie sowel as die later emigrasie gereël het

Jerónimo Ignacio Pino Coviello is 'n Argentyn wat uit
belangstelling vir Afrikaans dié taal bemeester het.
Mnr. Pino Coviello behou op hierdie teks kopiereg voor.







Geskandeer deur J.I. Pino Coviello


Afrikaners in Suid-Argentinië
Daar was altyd ´n besonder verwantskap tussen Argentinië en Suider Afrika. Aan die begin van die twintigste eeu het Argentinië ´n beleid gevoer om die Argentynse grondgebied te laat bewoon. Die Argentynse landbouminister Dr Wenceslao Escalante was die persoon wat die boerevolksplanting in Argentinië bevorder het.
Toe die Anglo-Boereoorlog verby was, was Julio A. Roca, van Tucumán, president van Argentinië. Baie boere besluit toe om na ander lande te emigreer.
Margarita

        


          




          
 
 Venter

  
 
 
 
 met  
 
 haar kinders

Margarita Venter met haar kleinkinders: Gerardo P.B, Juan Augusto en Esther Petronila Myburg in Argentinië, se nuwe land. Afkomstig van die boek "In die Gront van die wint; laaste treek van die Boere".
(foto geskandeer deur J.I. Pino Coviello)

´n Klomp families emigreer na Argentinië, met 'n belangrike rede: die Suid-Afrikaanse hoogvlakte van die Klein en Groot Karoo en die Argentynse hoogvlakte van Patagonië (Patagonia) vertoon baie ooreenkomste en albei gebiede is goed geskik vir skapeteelt.Baie Argentynse amptenare het Suid-Afrika toe gegaan om die Argentynse grond vir die Afrikaners aan te bied.

Van die eerste groepe wat vir Argentinië gekies het was die families Visser, Dolten, Behr en De Merillad. In April 1902 het hulle voet op Argentynse bodem gesit. Hulle het eers na Buenos Aires gegaan en daarna het hulle na Comodoro Rivadavia gereis. Comodoro Rivadavia, naby die stad Sarmiento, is ´n hawe wat groot geword het deur die ontdekking van aardolie. Dié belangrike gebeurtenis was in baie koerante van Buenos Aires opgeteken; die eerste 7 families, op 3 Junie van dieselfde jaar...



Dit sou die "Colonia Bóer" vorm.
Nuwe immmigrante
In 1903 het byna 100 ander mense in Suid-Afrika ook besluit om na Argentinië te emigreer, omdat hulle goeie nuus van die Afrikaners in Argentinië verneem het. In November 1905 kry Argentinië meer Afrikaners; die derde groep bestaan uit 300 mense. Twee jare later besef die Argentynse regering dat die boerderygrond in in die Chubut-gebied groter geword het vanweë die aansienlike aantal Boere in Sarmiento. In 1910 en 1920 gaan ´n groep Afrikaners egter terug gaan na Suid-Afrika wanneer die "Unie van Suid-Afrika" gestig word. Hierdie nuwe staat het meer outonomie gehad as toe dit 'n Britse kolonie was.
Party familiename wat ons deesdae in Comodoro Rivadavia en Sarmiento kan vind is onder andere Myburg, Trichardt, Visser, de Bruyn, Ellof/Eloff, Botha, Norval, Vorster, Dekker, Grombeeck, Blackie, Venter, Lubbe en Kruger.


Die huidige Boere se lewe in Argentinië
Comodoro Rivadavia is die Suid-Afrikaanse gemeenskap se belangrikste plek. Dit is tewens die grootste stad. Sarmiento, Rada Tilly en op die platteland naby hierdie stede bly baie ander Boere. Sierra Chaira, baie ver van enige stad, noordelik van Sarmiento - wat Staalberg in Afrikaans is - is die plek waar die BoereSports elke jaar gevier word. Die mense wat ouer is as 45-50 jaar, praat nog vloeiend Afrikaans; die jongeres praat dit nie meer nie, maar die meerderheid verstaan dit. Hulle praat ook almal Spaans, maar geeneen van hulle het Engels as huistaal nie. Niemand in Argentinië praat mos Engels by die huis nie. Indien ons Engels leer, is dit as ´n buitelandse taal.


Kaart van die gebied waar die Afrikaanse Boere Gemeenskap in Argentinië woon.
(saamgestel deur J.I. Pino Coviello)


Hulle bly in Chubut provinsie, in die groot dorslandgebied wat Patagonië genoem word. Dié gebied is egter baie ryk aan die petrolindustrie. Die Suid-Afrikaners wat hier die petrol gevind het, was eintlik besig om water te vind, maar toe vind hulle onverwags hierdie belangrike en kosbare delfstof. Deesdae is Comodoro Rivadavia die belangrikste petrolgebied in Argentinië, asook in die hele suidelike deel van Suid-Amerika.


Agterkant van die boek "En las tierras del viento;
In die gront van die wint, 1902-2002", wat opgedra is aan die Boere van Patagonië (2002).
(Geskandeer deur J.I. Pino Coviello)




Die Suid-Afrikaanse-Argentynse Monument
Suid Afrikaanse-Argentynse Monument in die stad van Comodoro Rivadavia wat die 100 jare van die Boere Gemeenskap in Argentinië herdenk, dit was in 2002 gebou.


Op soek na ´n nuwe land om te gaan woon: Van Suid Afrika na die Patagoniese gebied van Argentinië, regs lê Suid Afrika se kaart, in die middel ´n ossewa, en links die Argentynse provinsie Chubut se kaart.
(foto: J.I. Pino Coviello)


Op dieselfde monument staan die vanne gekerf van Boere wat ná die Anglo-Boereoorlog hiernatoe geëmigreer het, byvoorbeeld, Van der Merwe, Viviers, Kruger, Van Wyk, Visser, Naudé, Van der Walt, Blackie, Botha, Van der Linde, De Bruyn, Joubert, Vorster, Snyman, Du Plessis, Pienaar, Dickanson, Myburgh, Van Heerden, Grobelaar, Edwards, Van Zyl, Venter, Coetzee, Schlebusch, om net ´n paar vanne te noem, ensovoorts. EER JOU VADER EN JOU MOEDER, is op die monument geskryf.



(Foto: J.I. Pino Coviello)


Sterk identiteitsbewussyn
Ja, daar is ´n straat in Comodoro Rivadavia wat "Colonos Sudafricanos" genoem is. Dit is Spaans en beteken "Suid-Afrikaanse Nedersetters". Hierdie straat het net ‘n klein rukkie gelede van naam verander, en gelukkig herdenk hierdie straat nou die Suid-Afrikaners. Die mense wat in daardie straat woon het self vir die munisipaliteit om naamsverandering gevra. Baie van hulle is mos Afrikaners.



Die straatteken in Comodoro Rivadavia van ver, en van naby; dit eer die Boeregemeenskap.
(foto's: J.I. Pino Coviello)


Teenswoordig hou die boeregemeenskap vas aan sy tradisies. Die Argentynse Boere teel skape, hulle nog kook die Suid-Afrikaanse geregte, hulle behoort aan die Nederduits Gereformeerde Kerk en hulle nog sing met nostalgie en geesdrif baie liedjies, soos Sarie Marais, Tannie met die rooi rokkie, en Suikerbossie. Soos gesê praat die meeste mense van 45 jaar en ouer nog vlot Afrikaans, jong en oud eet nog biltong, talle ander tradisionele kos, maar hulle het ook ontvankelik geblyk vir baie Argentynse kenmerke soos die Argentynse mate, of die woordjie 'che', wat 'n mens gebruik wanneer jy praat met ´n vriend. Party Boere het in 1982 in die Falkland (Malvinas) oorlog geveg, weer eens teen die Engelse, en hierdie keer onder die vlag van hulle nuwe nasie, Argentinië. Hulle het met hul kinders en kleinkinders gehelp aan die ontwikkeling van die suide van Argentinië, in die onbekende en onontginde Patagonia, waar hulle nooit die hoop opgegee het nie.


Nog meer prentjies van Comodoro Rivadavia


'n Gebou van die Nederlandse Gereformeerde Kerk (dus nie die Nederduitse Gereformeerde Kerk nie – MRB) wat die Boere in 1902 saamgebring het.
(foto: J.I. Pino Coviello)



NG Kerk se teken (in Afrikaans en Spaans).
(foto: J.I. Pino Coviello)



Die gebou van die Genootskap van Christen Vrouens van die Suid-Afrikaanse Gemeenskap.
(foto: J.I. Pino Coviello)


Die 'nuwe' Afrikaners in Noord-Argentinië
Afrikaners trek nou deur Suid-AmerikaDaar is ook ´n nuwe gemeenskap in die noorde van Argentinië. Dit is 'n heel ander groep, hulle het onlangs gekom. Die drie eerste boerefamilies sal Hickmann toe kom, in die Embarcación se dorpsgebied in die San Martín distrik. Hulle is alreeds verhuis na Paraguay maar hulle sal binnekort na Salta (Argentinië) toe kom want Argentinië het 'n beter infrastruktuur as Paraguay. Hulle het enkele studies oor die N° 81-pad gemaak en hulle het besef dat hulle daar ´n baie goeie hoeveelheid ter beskikking het wat nodig is vir die ontwikkeling van hul bedrywighede. Die beste van hierdie bestuurders is die skaapboere, en telers van bokke vir vleis en vee vir melkproduksie en by-produkte. Hierdie Afrikaner trek beteken ook die introduksie van twee onbekende spesies in Argentinië: die bok wat behoort tot die Boere ras en die skaap van die Dorper ras. Die diere is bekend vir hul vinnige groei in ses maande tot 20 kilogram (kg) vleis. Op volwasse ouderdom kan die Dorper se gewig opstoot tot 90 kg en by die geboorte kry hulle gewoonlik twee kleintjies (lammetjies).

Die eerste boere woon tans in die Republiek van Paraguay in Colonia Independencia, 200 kilometers verwyder van Asunción stad en Fortín Falcón, naby Filadelfia, eweneens in die gebied met die naam "Chaco". Die Suid-Afrikaanse boere word in Argentinië konsekwent "Boere" genoem; 'n naam wat in Suid-Afrika egter baie verskillende (negatiewe en andersins affekties gelaaide) konnotasies gekry het wanneer daarmee 'n wit Suid-Afrikaner aangedui word (in Argentinië verwys hierdie woord bloot na die etniese eienheid van hierdie volksgroep - red. Die Roepstem).
Hulle het hulself alreeds in die sewentiende eeu in Suider Afrika eeu gevestig. Hierdie heel eerste 'setlaars' was vernaamlik Hollanders en Duitsers, nie Engelse nie. Hul taal, Afrikaans, het ontstaan uit Nederlandse dialekte wat met die Europese tale en die Bantoetale vermeng het. Hierdie nuwe Argentynse boere gebruik dié einste taal in noordelike Argentinië.

Daar is ´n denkbeeldige lyn wat Salta provinsie, (Argentinië) Paraguay, Suid-Afrika en Namibië saamvoeg: dis die Steenbokkeerkring, dit maak dat die immigrasie 'n byna eenderse klimaat het in verskillende plekke van die suidelike halfrond. Die koloniste sal begin om binne ´n halfjaar koeimelk te produseer en lusern (medicago sativa; vir voer) te groei met behulp van besproeiing. Hulle sal waterinstallasies installeer en hulle sal ook boorgate slaan om water te vind. Die eerste bestuurders wat gaan kom sal wees:

  • Nico Truter: getroud, twee kinders.
    Geboorteplek: Kalahari, Suid Afrika; is boukundige ingenieur en boer.
  • Willem Bondesio: getroud, twee kinders.
    Geboorteplek: Transvaal, Suid Afrika, is Boerperdeteler.

  • Foto's van die ou Boeregemeenskap in 1991
    Geskandeerde bladsy oor die Boere in Argentinië
    Foto een (links): Hier kan u Meneer en Mevrou Blackie se moeder sien, Mevrou Cornelia Blackie (94 jaar), lid van die oorspronklike nedersettersgroep.
    Foto twee (regs): Meneer Dietrichsen (regs), konsul van die Republiek van Suid Afrika in Argentinië, wys vir meneer Blackie, Edele Vise-Konsul in Chubut, die dag van 10 Oktober 1990; dieselfde datum as Krugerdag. Kruger was president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) tydens die Anglo-Boereoorlog.
    Foto drie (onderkant): omring deur families en lede van hul gemeenskap wens die voormalige Edele Konsul, Dr. G. Myburg, Mnr. Blackie geluk met sy benoeming.
    (Geskandeer deur J.I. Pino Coviello)

    Uit 'n ander boek: De Sudáfrica a la Patagonia; Los colonos Bóer en la Argentina deur Rodolfo Barrese en Ignacio Bracht, 1991; Consulado de Sudáfrica, Buenos Aires 1991 (uitgegee deur die Konsulaat van Suid-Afrika in Buenos Aires - geskandeer deur J.I. Pino Coviello); (sien hieronder).


    'n Boek van belang oor die Trek na Argentinië
    Nog 'n boek, eintlik 'n brosjure, oor die Boere in Patagonië, deur Rodolfo Barrese en Ignacio Bracht.
    (geskandeer deur J.I. Pino Coviello)




    Boere in Santiago del Estero
    Daar is ´n boerefamilie met die naam Jordaan wat onlangs ook van Suid Afrika af gekom het. Hulle is die Jordaans, hulle bly in die noorde van Santiago del Estero provinsie (noordwes Argentinië). Hulle wil graag kontak hê met die ander Suid Afrikaners in Argentinië.

    Geskryf deur Jerónimo Ignacio Pino Coviello, Tucumán, Argentinië.

    Geredigeer deur Marcel Bas, Voorschoten, Nederland.




    By Die Roepstem kan u meer oor die Boere van Argentinië lees by: Op besoek by die Boere-Sports in Patagonië, Argentinië. Dit is 'n lewendige verslag van 'n besoek in 2004 wat Jerónimo Pino Coviello aan die Boere-Sportsfees op Sierra Chaira (Staalberg) gebring het.

    Nog meer inligting oor daardie merkwaardige groot trek in die begin van die twintigste eeu na die anderkant van die oseaan, kan u vind op Sam van den Berg se tweetalige werf oor sy familie. Dit is die volgende twee bladsye: "South Africans in Patagonia" en
    "Soos vertel deur Aletta Visagie".


    Hierdie bladsy is gepubliseer op 11 Desember 2002 en op 24 Februarie 2004 bygewerk.




    Tweeten
    Twiet




      Naar boven  |  Marcel Bas, Voorschoten, Nederland   |  © Kopierecht M.R. Bas   |   Volg ons ook op Facebook   Stuur ons een bericht / Stuur ons