Jerónimo Ignacio Pino Coviello is 'n Argentyn wat uit belangstelling vir Afrikaans dié taal bemeester het. Mnr. Pino Coviello behou op hierdie teks kopiereg voor. |
Afrikaners in Suid-Argentinië
Daar was
altyd ´n besonder verwantskap tussen Argentinië en Suider Afrika. Aan
die begin van die twintigste eeu het Argentinië ´n beleid gevoer om die
Argentynse grondgebied te laat bewoon. Die Argentynse landbouminister Dr
Wenceslao Escalante was die persoon wat die boerevolksplanting in
Argentinië bevorder het.
Toe die
Anglo-Boereoorlog verby was, was Julio A. Roca, van Tucumán, president
van Argentinië. Baie boere besluit toe om na ander lande te emigreer.
|
Margarita Venter met haar kleinkinders: Gerardo P.B, Juan Augusto en Esther Petronila Myburg in Argentinië, se nuwe land. Afkomstig van die boek "In die Gront van die wint; laaste treek van die Boere". (foto geskandeer deur J.I. Pino Coviello) |
´n Klomp
families emigreer na Argentinië, met 'n belangrike rede: die
Suid-Afrikaanse hoogvlakte van die Klein en Groot Karoo en die
Argentynse hoogvlakte van Patagonië (Patagonia) vertoon baie
ooreenkomste en albei gebiede is goed geskik vir
skapeteelt.Baie
Argentynse amptenare het Suid-Afrika toe gegaan om die Argentynse
grond vir die Afrikaners aan te bied. |
Dit sou die
"Colonia Bóer" vorm.
Nuwe
immmigrante
In 1903 het
byna 100 ander mense in Suid-Afrika ook besluit om na Argentinië te
emigreer, omdat hulle goeie nuus van die Afrikaners in Argentinië
verneem het. In November 1905 kry Argentinië meer Afrikaners; die
derde groep bestaan uit 300 mense. Twee jare later besef die
Argentynse regering dat die boerderygrond in in die Chubut-gebied
groter geword het vanweë die aansienlike aantal Boere in Sarmiento. In
1910 en 1920 gaan ´n groep Afrikaners egter terug gaan na Suid-Afrika
wanneer die "Unie van Suid-Afrika" gestig word. Hierdie nuwe staat het
meer outonomie gehad as toe dit 'n Britse kolonie was.
Party
familiename wat ons deesdae in Comodoro Rivadavia en Sarmiento kan
vind is onder andere Myburg, Trichardt, Visser, de Bruyn, Ellof/Eloff,
Botha, Norval, Vorster, Dekker, Grombeeck, Blackie, Venter, Lubbe en
Kruger.
Die huidige Boere se lewe in Argentinië Comodoro Rivadavia is die Suid-Afrikaanse gemeenskap se belangrikste plek. Dit is tewens die grootste stad. Sarmiento, Rada Tilly en op die platteland naby hierdie stede bly baie ander Boere. Sierra Chaira, baie ver van enige stad, noordelik van Sarmiento - wat Staalberg in Afrikaans is - is die plek waar die BoereSports elke jaar gevier word. Die mense wat ouer is as 45-50 jaar, praat nog vloeiend Afrikaans; die jongeres praat dit nie meer nie, maar die meerderheid verstaan dit. Hulle praat ook almal Spaans, maar geeneen van hulle het Engels as huistaal nie. Niemand in Argentinië praat mos Engels by die huis nie. Indien ons Engels leer, is dit as ´n buitelandse taal. Kaart van die gebied waar die Afrikaanse Boere Gemeenskap in Argentinië woon. (saamgestel deur J.I. Pino Coviello) Hulle bly in Chubut provinsie, in die groot dorslandgebied wat Patagonië genoem word. Dié gebied is egter baie ryk aan die petrolindustrie. Die Suid-Afrikaners wat hier die petrol gevind het, was eintlik besig om water te vind, maar toe vind hulle onverwags hierdie belangrike en kosbare delfstof. Deesdae is Comodoro Rivadavia die belangrikste petrolgebied in Argentinië, asook in die hele suidelike deel van Suid-Amerika. Agterkant van die boek "En las tierras del viento; In die gront van die wint, 1902-2002", wat opgedra is aan die Boere van Patagonië (2002). (Geskandeer deur J.I. Pino Coviello) Die Suid-Afrikaanse-Argentynse Monument Suid Afrikaanse-Argentynse Monument in die stad van Comodoro Rivadavia wat die 100 jare van die Boere Gemeenskap in Argentinië herdenk, dit was in 2002 gebou. Op soek na ´n nuwe land om te gaan woon: Van Suid Afrika na die Patagoniese gebied van Argentinië, regs lê Suid Afrika se kaart, in die middel ´n ossewa, en links die Argentynse provinsie Chubut se kaart. (foto: J.I. Pino Coviello) Op dieselfde monument staan die vanne gekerf van Boere wat ná die Anglo-Boereoorlog hiernatoe geëmigreer het, byvoorbeeld, Van der Merwe, Viviers, Kruger, Van Wyk, Visser, Naudé, Van der Walt, Blackie, Botha, Van der Linde, De Bruyn, Joubert, Vorster, Snyman, Du Plessis, Pienaar, Dickanson, Myburgh, Van Heerden, Grobelaar, Edwards, Van Zyl, Venter, Coetzee, Schlebusch, om net ´n paar vanne te noem, ensovoorts. EER JOU VADER EN JOU MOEDER, is op die monument geskryf. (Foto: J.I. Pino Coviello) Sterk identiteitsbewussyn Ja, daar is
´n straat in Comodoro Rivadavia wat "Colonos Sudafricanos" genoem is.
Dit is Spaans en beteken "Suid-Afrikaanse Nedersetters". Hierdie
straat het net ‘n klein rukkie gelede van naam verander, en gelukkig
herdenk hierdie straat nou die Suid-Afrikaners. Die mense wat in
daardie straat woon het self vir die munisipaliteit om
naamsverandering gevra. Baie van hulle is mos Afrikaners.
(foto's: J.I. Pino Coviello) Teenswoordig
hou die boeregemeenskap vas aan sy tradisies. Die Argentynse Boere
teel skape, hulle nog kook die Suid-Afrikaanse geregte, hulle behoort
aan die Nederduits Gereformeerde Kerk en hulle nog sing met nostalgie
en geesdrif baie liedjies, soos Sarie Marais,
Tannie met die rooi rokkie, en
Suikerbossie. Soos gesê praat die meeste mense van 45
jaar en ouer nog vlot Afrikaans, jong en oud eet nog biltong,
talle ander tradisionele kos, maar hulle het ook ontvankelik geblyk
vir baie Argentynse kenmerke soos die Argentynse mate, of die woordjie
'che', wat 'n mens gebruik wanneer jy praat met ´n vriend.
Party Boere het in 1982 in die Falkland (Malvinas) oorlog geveg, weer
eens teen die Engelse, en hierdie keer onder die vlag van hulle nuwe
nasie, Argentinië. Hulle het met hul kinders en kleinkinders gehelp
aan die ontwikkeling van die suide van Argentinië, in die onbekende en
onontginde Patagonia, waar hulle nooit die hoop opgegee het
nie.
Nog meer prentjies van Comodoro Rivadavia 'n Gebou van die Nederlandse Gereformeerde Kerk (dus nie die Nederduitse Gereformeerde Kerk nie – MRB) wat die Boere in 1902 saamgebring het. (foto: J.I. Pino Coviello) (foto: J.I. Pino Coviello) (foto: J.I. Pino Coviello) Die 'nuwe'
Afrikaners in Noord-Argentinië
Daar is ook ´n
nuwe gemeenskap in die noorde van Argentinië. Dit is 'n heel ander
groep, hulle het onlangs gekom. Die drie eerste boerefamilies sal
Hickmann toe kom, in die Embarcación se dorpsgebied in die San
Martín distrik. Hulle is alreeds verhuis na Paraguay maar hulle sal
binnekort na Salta (Argentinië) toe kom want Argentinië het 'n beter
infrastruktuur as Paraguay. Hulle het enkele studies oor die N° 81-pad
gemaak en hulle het besef dat hulle daar ´n baie goeie hoeveelheid ter
beskikking het wat nodig is vir die ontwikkeling van hul bedrywighede.
Die beste van hierdie bestuurders is die skaapboere, en telers van
bokke vir vleis en vee vir melkproduksie en by-produkte. Hierdie
Afrikaner trek beteken ook die introduksie van twee onbekende spesies
in Argentinië: die bok wat behoort tot die Boere ras en die
skaap van die Dorper ras. Die diere is bekend vir hul vinnige
groei in ses maande tot 20 kilogram (kg) vleis. Op volwasse ouderdom
kan die Dorper se gewig opstoot tot 90 kg en by die geboorte
kry hulle gewoonlik twee kleintjies (lammetjies).
Die eerste boere woon tans in
die Republiek van Paraguay in Colonia Independencia, 200 kilometers
verwyder van Asunción stad en Fortín Falcón, naby Filadelfia, eweneens
in die gebied met die naam "Chaco". Die Suid-Afrikaanse boere word in
Argentinië konsekwent "Boere" genoem; 'n naam wat in Suid-Afrika egter
baie verskillende (negatiewe en andersins affekties gelaaide)
konnotasies gekry het wanneer daarmee 'n wit Suid-Afrikaner aangedui
word (in Argentinië verwys hierdie woord bloot na die etniese eienheid
van hierdie volksgroep - red. Die Roepstem). Daar is ´n
denkbeeldige lyn wat Salta provinsie, (Argentinië) Paraguay,
Suid-Afrika en Namibië saamvoeg: dis die Steenbokkeerkring, dit maak
dat die immigrasie 'n byna eenderse klimaat het in verskillende plekke
van die suidelike halfrond. Die koloniste sal begin om binne ´n
halfjaar koeimelk te produseer en lusern (medicago sativa; vir
voer) te groei met behulp van besproeiing. Hulle sal waterinstallasies
installeer en hulle sal ook boorgate slaan om water te vind. Die
eerste bestuurders wat gaan kom sal wees:
|
Foto een
(links): Hier kan u Meneer en Mevrou Blackie se moeder sien,
Mevrou Cornelia Blackie (94 jaar), lid van die oorspronklike
nedersettersgroep.
Foto
twee (regs): Meneer Dietrichsen (regs), konsul van die Republiek
van Suid Afrika in Argentinië, wys vir meneer Blackie, Edele
Vise-Konsul in Chubut, die dag van 10 Oktober 1990; dieselfde datum as
Krugerdag. Kruger was president van die Zuid-Afrikaansche Republiek
(Transvaal) tydens die Anglo-Boereoorlog.
Foto drie (onderkant): omring deur families en
lede van hul gemeenskap wens die voormalige Edele Konsul, Dr. G.
Myburg, Mnr. Blackie geluk met sy benoeming. (Geskandeer deur J.I. Pino Coviello) Uit 'n ander boek: De Sudáfrica a la Patagonia; Los colonos Bóer en la Argentina deur Rodolfo Barrese en Ignacio Bracht, 1991; Consulado de Sudáfrica, Buenos Aires 1991 (uitgegee deur die Konsulaat van Suid-Afrika in Buenos Aires - geskandeer deur J.I. Pino Coviello); (sien hieronder). |
Nog 'n boek, eintlik 'n brosjure, oor die Boere in Patagonië, deur Rodolfo Barrese en Ignacio Bracht.
(geskandeer deur J.I. Pino Coviello)
Boere
in Santiago del Estero Hierdie bladsy is gepubliseer op 11 Desember 2002 en op 24 Februarie 2004 bygewerk.
|
Tweeten
Twiet