|
|
Marcel Bas
Die hoofredakteur stel hom voor
|
Marcel Bas (1970) is gebore en getoë in Nederland en bly in
Voorschoten, Nederland, maar hy kuier gereeld in Port Elizabeth,
Suid-Afrika. Hy is 'n M.A.-kandidaat in Taalwetenskap aan die Universiteit Leiden en 'n vertaler van
Engels, Afrikaans, Duits, Frans en Nederlands. Hy
werk by 'n skool en gee privaatklasse in Afrikaans en Nederlands.
Marcel Bas, die hoofredakteur | |
As 'n taalkundige het hy in Port Elizabeth (Oos-Kaap) navorsing gedoen onder die
Afrikaanstalige gemeenskappe. Op die oomblik werk hy aan sy MA-skripsie, wat gebaseer is op die
sosiolinguïstiese data en spraakopnames wat hy daar verkry het.
Bas werk ook as 'n redigeerder van tekste en hy is sewe
tale magtig.
Sy
boek Code-switching in the Afrikaans speech community of South Africa: Can Afrikaans-English code-switching lead to a language shift to English? (2019) handel oor die blywende en moontlike gevolge van
Afrikaans-Engelse taalvermenging (kodewisseling) vir Afrikaans.
Daarnaas skryf hy oor maatskaplik-kulturele kwessies: sy boek
Zwarte Piet: discriminerend of fascinerend? (2013) handel oor die oningeligte ophef wat ontstaan het oor die ou Nederlandse folklorekarakter Zwarte Piet.
Hy is tewens 'n redakteur vir die Vlaamse e-tydskrif Doorbraak en vir die Nederlands-Vlaamse Stichting Taalverdediging.
In die verlede het hy geskryf vir maatskaplik-kulturele
tydskrifte soos
Sta-Vast (1991-2000), Zuid-Afrika Nú en Saamtrek (1992-2000), Zuid-Afrika (1996), die SOS-Nieuwsbrief voor Metapolitiek (1999-2001), Weerwoord
(1998-2002) en Bitter Lemon (2007-2008).
- LinkedIn-bladsy
- Academia-bladsy
- Uitgewersbladsy
- Vertaalwerkprofiel
E-pos: roepstem@hotmail.com
|
|
|
|
Naar boven
| Marcel Bas, Voorschoten, Nederland
| © Kopierecht M.R. Bas
|
|
|