Naar hoofdbladzijde / Na hoofbladsy
  Thuis/Tuis   |   Marcel Bas   |   Nieuws/Nuus   |   Vragen/Vrae   |   Links/Skakels   |   Contact/Kontak


Artikelen en bijdragen
Artikels en bydraes

De Afrikaanse taal
Die Afrikaanse taal

De Nederlandse taal
Die Nederlandse taal

Zuid-Afrika
Suid-Afrika

De Afrikaanstaligen
Die Afrikaanstaliges

De Nederlandse cultuur
Die Nederlandse kultuur

Heel-Nederland
Groot-Nederland

Europa
Europa

De volksliederen (MP3)
Die volksliedere (MP3)

Texts in English
Tekste in Engels

Het Zwarte Piet-hoekje
Die Zwarte Piet-hoekie

Grote AF-NL woordenlijst
Groot AF-NL woordelys



U kunt hier het boek bestellen





Teken of kyk na ons besoekersboek



Volg ons ook
op Facebook

Volg ons ook op Facebook

De Roepstem
Die Roepstem




eXTReMe Tracker

Die Suid-Afrikaanse volkslied en nasionale lied

Die Stem van Suid-Afrika (MID-klanklêer) en Nkosi Sikelel'iAfrika



  Deur Marcel Bas


Klik hier vir die wysie (MID) van die volkslied
'Die Stem van Suid-Afrika'


(Met Dank aan Lothar Woehler wat vir ons hierdie musieklêer beskikbaar gestel het).


Die Stem van Suid-Afrika

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa -
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika

In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf -
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners - kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huweliks-klokkies, by die kluitklap op die kis -
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe - ja, ons kom Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou -
Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer -
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.


Tezamen met het eerste couplet van 'Die Stem' zingt men in Zuid-Afrika het onderstaande volkslied. 'Nkosi Sikelel' iAfrika' wordt voor 'Die Stem' gezongen bij officiële gebeurtenissen en sportwedstrijden.

Nkosi Sikelel' iAfrika (='God zegene Afrika')

    Nkosi Sikelel' iAfrika
    Maluphakanyisw' uphando lwayo
    Yiva imithandazo yethu
    Nkosi sikelele
    Thina lusapho lwayo
    Yiza Moya (Yiza, Yiza)
    Yiza Moya (Yiza, Yiza)
    Yiza Moya oyingcwele
    Nkosi sikelele
    Thina lusapho lwayo
    Morena boloka sechaba sa heso
    O fedise dintwa le matswenyeho
    Morena boloka sechaba sa heso
    O fedise dintwa le matswenyeho
    O se boloke (O se boloke)
    O se boloke (O se boloke)
    Sechaba sa Heso
    Sechaba sa Afrika

    `God Seën Afrika' - Die Nasionale Volkslied van Suid-Afrika.



'Die Stem' en 'Nkosi Sikelel' i Afrika' worden ook gecombineerd gezongen op een
kortere manier, zodat beide volksliederen vertegenwoordigd zijn. Van
de versie die men in dat geval kan zingen volgt hieronder een weergave.


Nkosi sikelel' iAfrika
    Maluphakanyisw' uphondo lwayo,
    Yizwa imithandazo yethu,
    Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo.
    Morena boloka setjhaba sa heso,
    O fedise dintwa la matshwenyeho,
    O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,
    Setjhaba sa South Afrika - South Afrika.
    Uit die blou van onse hemel,
    Uit die diepte van ons see,
    Oor ons ewige gebergtes,
    Waar die kranse antwoord gee,
    Sounds the call to come together,
    And united we shall stand,
    Let us live and strive for freedom,
    In South Africa our land.



Vertaalde Afrikaanse versie :
-----------------------------
    Seen ons Here God, seen Afrika,
    Laat sy mag tot in die hemel reik,
    Hoor ons as ons in gebede vra,
    Seen ons in Afrika,
    Kinders van Afrika.

    Daal neer o Gees, Heilige Gees,
    Daal neer o Gees, Heilige Gees,
    Kom woon in ons,
    Lei ons, O Heilige Gees.

    Hou U hand o Heer oor Afrika,
    Lei ons tot by eenheid en begrip,
    Hoor ons as ons U om vrede vra,
    Seen ons in Afrika,
    Kinders van Afrika.

    Seen ons Here God, seen Afrika,
    Neem dan nou die boosheid van ons weg,
    Maak ons van ons sonde ewig vry,
    Seen ons in Afrika,
    Kinders van Afrika.




Sedert 27 April 2000 Suid-Afrika se nuwe Landswapen met die Khoisan-inskripsie van die /Xam-volk onderaan. Iaan Bekker het die wapen ontwerp. !Ke e: /xarra //ke beteken letterlik: "Verskillende mense verenig", wat 'n erkenning is vir die lank veronagsaamde en amper weggevaagde, oorspronklike, nóg wit, nóg swart bewoners van Suid-Afrika; die Khoi en die San.


Sedert 17 September 1910 tot die jaar 2000 was dit Suid-Afrika se ou landswapen. 'n Mens sien hierop baie afbeeldings raak, wat aan die Nederlandse en Boere karakter van Suid-Afrika herinner. Die Latynse Ex Unitate Vires beteken: "Eendrag maak mag". Die wapens van die Transvaal en die Oranje Vrystaat is duidelik herkenbaar.



Bladsy opgestel: 3 Junie 1999 Bladsy laas bygewerk: 22 Junie 2006




Tweeten
Twiet




  Naar boven  |  Marcel Bas, Voorschoten, Nederland   |  © Kopierecht M.R. Bas   |   Volg ons ook op Facebook   Stuur ons een bericht / Stuur ons