|
|
Die Afrikaanse Leeu
Die
Afrikaner se antwoord op De Vlaamse Leeuw
Deur Marcel Bas
|
In die FAK Volksangbundel (1940) kan 'n mens baie geskiedkundig belangrike
liede vind wat 'n duidelike verwantskap of selfs eenheid vertoon met die
Nederlande. 'n Uitstekende voorbeeld van die later invloed wat die
Nederlande op die Suid-Afrikaners gehad het - en steeds het - is die
bestaan van die lied 'Die Afrikaanse Leeu', wat gesing word na die wysie
van die Belgiese lied 'De Vlaamse Leeuw'.
Klik hier om die
wysie van Die Afrikaanse Leeu (MP3) af te laai
A.G.
Visser (De Vlaamsche Leeuw) K. Miry
1. Hul kon hom tog nie tem nie, Die Afrikaanse Leeu; Al
sterf hy ook 'n balling na onreg van 'n eeu. Al moes sy gryse
hare Met smart ten grawe daal. Sy gees die leef nog hede, Sy stof
rus in Transvaal. Die vryheidsgees sterf nimmer In d'Afrikaner
ras. Sy rys weer as die feniks, Verheerlik uit haar as; Sy rys
weer as die feniks, Verheerlik uit haar as.
2. Die grootste ryk verbrokkel, Geen trone blywe
staan, Die sterkste leërs snewe, Ons volk sal nie vergaan So lank
hy vasberade, Eendragtig en getrou, Soas sy grootste voorman, Sy
eie siel behou. "Bewaar," roep hy, "U sede, U godsdiens en u
taal, En skep uit u verlede U toekomsideaal, En skep uit u
verlede U toekomsideaal."
Uit: Gutsche, Dr. Hugo Erlank, Dr.
W. Eyssen; Die F.A.K. Volksangbundel. Derde of Eeufees uitgawe. Pretoria.
De Bussy, 1940.
8 Julie 2002
|
|
|
|
Naar boven
| Marcel Bas, Voorschoten, Nederland
| © Kopierecht M.R. Bas
|
|
|