hou in Nederland die Generaal Christiaan Rudolph de Wet
Herdenking
In verband met die
honderdjarige herdenking van die Tweede Vryheidstryd,
oftewel die Tweede
Boere-Oorlog, het die in 1962
opgerigte Nederlands Zuid-Afrikaanse Werkgemeenschap
NZAW die geboortedag van Christaan Rudolph de Wet aangegryp om
stil te staan by die lewe van hierdie begaafde vegsman wat veral in die
Nederlande in die begin van die vorige eeu so baie lof toegeswaai gekry
het met sy suksesvolle veldtogte wat die Britse imperiale oormag aansienlik
gedwarsboom het.
Op 7 Oktober 2000, op De Wet se geboortedag,
het ons alreeds 'n jaar daarvoor begin met die vieringe binne die raamwerk van die Amptelike
Herdenkingsprogram van die
Volkskomitee vir die
Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog . Die bevolking van Nederland en Vlaandere het Christaan Rudolph de Wet gedurende die Boere-Oorlog, tesame met
met President Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal)
en President Steyn van die Oranje Vrijstaat, vereer as 'n held. De Wet het uitgeblink in 'n skerp strategiese insig en
volhardendheid. Hy het heeltyd ongrypbaar gebly vir die Britse soldate, wat hom
herhaaldelik met dryfjagte gevange wou neem. Kom ons bekyk die man nader
voor ons sy uitgebreider lewensbeskrywing begin skryf.
C.R. de Wet was
gebore op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield, op 7 Oktober 1854.
Hy was sowel 'n Boeregeneraal as 'n kabinetminister, wat geveg het in die
Eerste Vryheidstryd. As 'n minister was hy 'n voorstander van 'n hegter eenheid tussen
die republieke Transvaal en die Oranje Vrijstaat. As hoofkommandant van
die westelike grens van die Vrystaat tydens die Tweede Vryheidstryd het hy
sy groot vernuf gewys in 'n reeks guerilla-aanvalle en gewaagde
ontsnappings en was hy die mees gevreesde Afrikaner stryder. Hy het tot
die Bittereinders behoort; 'n groep van dapper, onversetlike Boere wat
niks meer om te verloor gehad het nie en wat tot die bitter einde geveg het teen die Britte.
Hy was 'n teësinnige ondertekenaar van die Vrede van Vereeniging (1902)
toe die oormagtige Britse Imperium definitief tot winnaar uitgeroep was
(De Wet het ná dit egter nie stilgebly nie!). De Wet was vir een dag ook Waarnemende
President van die Oranje Vrijstaat. In sy hoedanigheid as
afgevaardigde van die Volksraad was hy 'n ondersteuner van generaal
Hertzog en 'n mede-oprigter van die Nasionale Party (1914). Hy was
betrokke by die Rebellie van 1914, waarby hy een van sy seuns verloor het.
Vir die rebellie was hy veroordeel, maar danksy 'n amnestietoekenning was hy weer spoedig vrygelaat (1915).
In 1922 sterf hy in alle rus op sy
plaas in die Oranje Vrystaat, waarna hy begrawe word by die Nasionale
Vrouemonument in Bloemfontein.
Vandag geld genl. De Wet steeds as 'n
Boerestryder wat hom van die ander stryders onderskei het deur sy
skerpsinnigheid, deursettingsvermoë en strategiese insig. Baie stede in
Nederland en Vlaandere se strate dra steeds die name van die hoofpersone uit hierdie
ingrypende oorlog, onder wie Christiaan de Wet s'n.
Lees verder
regs, langs hierdie kolom.
Op 7
Oktober is vir die eerste keer in baie jare in Nederland 'n
herdenkingsplegtigheid vir die Boere-Oorlog gehou. Daar was veral aandag
geskenk aan generaal C.R. de Wet, na wie baie
strate in Nederland vernoem is. Hierdie herdenking was 'n inisiatief van
die Nederlands Zuid-Afrikaanse Werkgemeenschap (u kan hier klik); 'n Nederlandse
organisasie wat die geskiedkundige en kulturele eenheid tussen
Nederland en Suid-Afrika koester.
Op daardie Saterdag het 'n
veertigtal mense bymekaargekom in die nasionale park De Hoge
Veluwe, wat in die middel van Nederland geleë is. Dié tamaaie, bosryke
sandgrondgebied was eertyds eiendom van die vermoënde familie
Kröller-Müller wat 'n groot bewondering vir die Boere
tydens die Boere-Oorlog gehad het. Die familie het dan ook 'n 16 meter hoë
standbeeld van Christiaan de Wet laat vervaardig deur die beeldhouer
Mendes da Costa en in 1922 het hulle dit laat skuif na hul park om hom
daar op te rig. Nou staan dié beeld daar nog steeds, op die Otterlose
Zand, midde-in die pynboombosse en heidevelde.
7 Oktober 2000 was 'n sonskyndag, en dit was
vir myself spesiaal om met mense te wees wat ook
belangstel in die geskiedenis van hierdie Boeregeneraal. Net soos toe Nederland die lotgevalle van die Afrikaners
in Afrika met gepaste bewondering dopgehou het, het die NZAW aan die voet van De
Wet se standbeeld gestaan, nadat die teenwoordiges 'n smakelike middagete
genuttig het en die Bestuur in 'n onderhoudende toespraak dieper op De Wet
se persoon en sy tyd ingegaan het. Dit was weliswaar verondersteld om 'n ernstige
aangeleentheid te wees, maar die samensyn, die baie geselsies wat ons met mekaar
gehad het en die amper halfwoestynagtige omgewing asook die byeenkoms se tema het almal positief gestem. Die byeenkoms het die honderd jaar
gelede ontketende Boere-Oorlog vir ons
tasbaarder gemaak.
Ek het foto's daarvan geneem, hulle hieronder geplaas, en ek het hulle nader
verduidelik deur byskrifte. Ook kan u tussen die foto's die
lewensbeskrywing van die generaal lees. Geniet dit!
Marcel Bas
Fotoverslag
van die NZAW Generaal Christiaan Rudolph de Wet-Herdenking op 17
Oktober 2000 te Otterlo, Nederland
Met
Lewensbeskrywing
Generaal Christiaan Rudolf de Wet
Eers het ons in 'n
rondgang in twee groepe die Kröller-Müller jagkasteel St. Hubertus - gebou
deur die argitek Berlage - besoek (foto: M.R.
Bas)
Die samensyn voor die
'Jachtslot St. Hubertus' voor die plegtigheid aanvang (foto: M.R.
Bas)
Lewensbeskrywing van Genl.
Christiaan de Wet
C.R. de Wet, boer, Volksraadlid,
beroemde vegsman en strateeg, Boeregeneraal, kabinetsminister en rebelleleier,
was - soos alreeds gestel - gebore op 7 Oktober 1854 op die plaas Leeukop in die
distrik Smithfield. Sy pa was Jakobus Ignatius de Wet van die distrik Caledon en
sy ma was Aletta Susanna Margaretha Strydom. Christaan de Wet se vroegste
jeugherinneringe stam van die tyd op die plaas Nuwejaarsfontein naby Dewetsdorp
- 'n dorp vernoem na sy pa. In 1865, op die uiters vroeë ouderdom van elf jaar,
het hy sy eerste oorlogservaring gehad toe hy sy pa vergesel op patrollie op die
grens met Basoetoland tydens een van die Basoeto-oorloë.
Christiaan de Wet het net vir 'n paar
maande formele onderwys geniet. Hy het met Cornelia Margaretha Kruger getrou toe
hy negentien was. Uit sy huwelik word sestien kinders, agt seuns en agt dogters,
gebore. In 1877, die jaar van die Britse Anneksasie van die Zuid-Afrikaansche
Republiek (Transvaal), trek De Wet na die plaas Weltevrede in die distrik
Kroonstad. In 1880 het hy weer getrek, nou na die plaas Rietfontein naby die
Transvaalse dorp Heidelberg.
Een vlag van die Oranje
Vrijstaat en twee vlae van die Zuid-Afrikaansche Republiek is ook saamgebring
en word ontvou op pad monument toe, ná ons ons motors langs die teerpad
parkeer het (foto: M.R. Bas)
Die herdenkingsplegtigheid
nadat die fakkel aangesteek is en die Nederlandse en die Suid-Afrikaanse
volksliedere gesing is. (foto: M.R. Bas)
Sy
patriotisme De Wet was 'n vurige aanhanger van die idee van nouer
saamwerking tussen die Oranje Vrijstaat en die Transvaal. Tydens die
Eerste Vryheidsoorlog tussen die Transvaal en Groot-Brittanje in 1881 het hy gedien
as veldkornet onder die kommando van Generaal Piet Joubert en het hy ook
deelgeneem aan die stryd by Ingogo en die befaamde inneming van die Majoebaberg. Terwyl hy steeds 'n burger van Transvaal was, was hy verkies tot
veldkornet van die afdeling Rooikoppies en was hy ook 'n verkose lid van die
Volksraad, die destydse parlement. Hy het net een vergadering van die Volksraad
in Pretoria bygewoon in 1885 voordat hy terug getrek het na die Oranje Vrijstaat
waar hy tot lid van die Volksraad verkies was vir die afdeling Bo-Modderrivier.
In 1895 het hy weer die wapens opgeneem, wederom om die Transvaalse strydkragte
by te staan, hierdie keer om die Jameson-Inval die kop in te druk. De
Wet wat 'n begaafde kommunikeerder ondanks dat hy effens sleeptong gepraat het.
Hy was baie welsprekend as hy sy moedertaal Afrikaans moes verdedig, soos deur
hierdie aanhaling getoon word; ... "Die taal van 'n nasie is sy
kosbaarste skat."
Mnr Camps hou die
toespraak voor die trotse standbeeld. Agter hom word deur lede die sinnebeelde
van die Boerekommandos gewys. (foto:
NZAW)
Die Boere-Oorlog breek
uit Kort ná die uitbreek van die Anglo-Boere-Oorlog in 1899
koop De Wet 'n liggekleurde perd wat hy Fleur noem. Hy het sy onsterflike faam
verwerf op die rug van hierdie perd. By die uitbreek van die oorlog sluit De Wet
en drie van sy seuns aan by die Vrystaatse kommando's. De Wet was verkies tot
plaasvervangende kommandant aan die Natalse front waar hy homself onderskei het
by Nicholsonsnek op 30 November 1899. By hierdie skermutseling het 300 burgers
die Britse troepe verslaan, waarby 800 soldate krygsgevangene gemaak is. Ná
hierdie oorwinning, op 9 Desember, het President Steyn De Wet bevorder tot die
rang van Generaal in Stryd. Gedurende Januarie en Februarie 1900 was genl. De
Wet nie by magte om genl.
Cronjé te ontset van sy stelling aan die oewers
van die Modderrievier om Lord Robert se aanstormende troepe te ontvlug. Cronjé
se koppigheid het daarop uitgeloop dat hulle met meer as 4000 burgers moes
oorgee op 27 Februarie 1900.
Die amptelike fakkel van
die Suid-Afrikaanse Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede
Vryheidsoorlog waarop die
slagkreet 'Vir Vryheid en Reg' te lese is. (foto: M.R.
Bas)
Sy ster as strateeg is aan 't
rys Ná die inneming van Bloemfontein op 13 Februarie 1900 het De
Wet nuwe taktieke in die voortgang van sy oorlogsvoering begin toepas. Hy het
die groot kommando's met hul waens vervang deur beweegbaarder eenhede te perd.
So het hy die guerillafase van die Boere-Oorlog begin. De Wet se vermoë om
die vyand te verras word mooi gekenskets deur die slag by Sannaspos op 31
Maart 1900 waar hy meer as 300 Britse soldate gevange neem sowel as 96 waens en
sewe veldkanonne. Voorts het hy groot sukses behaal by Reddersburg en
Jammerbergdrif. Op 18 April 1900 het President Steyn De Wet as Hoofkommandant
aangestel van die Vrystaatse strydkragte. Op 7 Junie het hy die Britte 'n
ernstige slag toegedien by die Rooiwalstasie waar ammunisie en provisie
met 'n geskatte waarde van meer as R500 000 in beslag geneem was en later
vernietig.
By die sing van die
Nederlandse en Suid-Afrikaanse volksliedere... (foto:
NZAW)
Lord Roberts was woedend oor hierdie
voorval en het alles in die werk gestel om De Wet te vang, maar met min sukses.
Gedurende hierdie periode het De Wet egter 'n swaar persoonlike hou gekry toe sy
broer genl. Piet de Wet by die Britse strydkragte aangesluit het. In die loop
van die oorlog word genl. De Wet 'n legendariese figuur wie se reputasie tot ver
oor die grense van sy land reik, met die Nederlande en Frankryk as groot
bewonderaars. Sy faam as militêre bevelhebber kan eintlik volledig gedank word
aan sy suksesvolle aanvoer van guerillaoperasies. Die vernaamste doele van
hierdie operasies was die sabotering van spoorweë en die aanvulling van die
voorrade van sy eie strydkragte met behulp van die Britse kragte se voorrade en
materiaal - hierdie operasies was selde onsuksesvol. Twee keer het hy geprobeer
om die Kaapkolonie in te val, maar dit het min sukses gehad, al het dit baie
emosies teweeggebring by die Kaapse Afrikaanse burgers en die verbondenheid met
die lydende volksgenote in die Transvaal en die Vrystaat aldaar
versterk.
Die Uwe met die
Transvaalse Vierkleur (foto: M.R.
Bas)
Die Vierkleur van
Transvaal voor De Wet se beeltenis. Die vasberade blik van die beeld is
sigbaar. (foto: M.R. Bas)
Die eindfase In
Januarie 1901 het die Britse besettende troepe Block Houses (forte,
blokhuise) gebou deur die hele Vrystaat en die Transvaal. Hierdie blokhuise was,
tesame met prikkeldraadheinings oor geweldige afstande, bedoel om om die
guerilla-aksies te stuit, maar dit het baie min sukses behaal aangesien genl. De
Wet, vergesel deur President Steyn, deur hierdie hindernisse kon breek,
oënskynlik met klein inspanning. Genl. De Wet was 'n vurige teenstander van
enige vredesonderhandelings, maar was genoodsaak om op 31 Mei 1902 namens
President Steyn die Vredesverdrag van Vereeniging te onderteken. Die president
was siek.
In Junie 1902 het genl. De Wet verskeie
kommando's in die veld besoek om hulle oor te haal tot die neerlê van hul
wapens. Ná die oorlog het De Wet, vergesel van die generaals Botha en De la Rey
verskeie Europese lande besoek teneinde befondsing te versamel vir die
wederopbou van die - nou voormalige - republieke wat verwoes was in die loop van
die oorlog. Tydens sy oorsese reis moes sy vrou en kinders op die verwoeste
plaas bly, in 'n tent as enigste skuiling, nadat hulle tydens die oorlog in die
konsentrasiekamp by Pietermaritzburg geïnterneer was.
De Strijd tusschen Boer en
Brit Tydens sy reis op die Saxon het De
Wet sy oorlogsherinneringe geskryf, getiteld De Strijd tusschen Boer en
Brit. Dominee J.D. Kestell het die in Nederlands geskryfde manuskrip
aangepas wat in Nederland gepubliseer sou word. Hierdie boek sou spoedig in
verskeie Europese tale vertaal word, insluitend Pools en Tjeggo-Slowaaks. Dit
was pas in 1959 in Afrikaans vertaal.
Rondom die hele suilvoet -
wat 'n koppie voorstel - kan 'n mens koppe van Boerestryders sien. Hierdie
landskap van die Nationaal Park De Hoge Veluwe lyk baie soos 'n willekeurige
Suid-Afrikaanse veld. (foto: M.R.
Bas)
Die politikus De
Wet Ná die oorlog wy De Wet hom heeltemal aan die inspannings om sy
volk se eer te herstel. Toe die Vrystaat selfbestuur was toegewys was hy tot
Minister van Landbou benoem en het hy later as afgevaardigde van die Oranje
Vrystaat die Nasionale Konvensie bygewoon wat die grondwet van die Unie van
Suid-Afrika moes help vorm. Ná dit het hy homself heeltemal uit die politiek
teruggetrek en hom gewy aan boerdery.
In 1913, by die inswering van die
Vrouemonument in Bloemfontein sê De Wet in sy toespraak: "Ons staan
vandag opnuut by die ope graf van 26 000 vrouens en kinders. Gedurende die
oorlog het ons dikwels hulle liedere van die kampe af gehoor. Dit was die bewys
op Wie hulle hul geloof gebou het. Laat dit die wagwoord wees van elke moeder en
kind: Wees trou aan jou nasie en jou godsdiens." Toe die politieke
breuk tussen die generaals Hertzog en Botha hom voordoen in 1912 kies De Wet
party vir Genl. Herzog en lewer hy gedurende hierdie periode sy beroemde
toespraak in die Prinsespark in Pretoria. Hy sou een van die oprigters van die
Nasionale Party word, in 1914.
Die Rebellie van
1914 Toe in 1914 die eerste wêreldoorlog uitbreek beveel Brittanje
die Suid-Afrikaanse regering om die, onder Afrikaners bevriende, Duitse
Suid-Wes-Afrika in te neem. De Wet het aangesluit by dié deel van die bevolking
wat in opstand gekom het teen die feit dat Suid-Afrika aktief party moes trek
vir Brittanje in 'n oorlog teen Duitsland. Die regeringstroepe egter, het
spoedig daarin geslaag om die gewapende opstand te verpletter. Genl. De Wet se
seun Danie was vermoor toe hy in aksie was naby Doornberg en Genl. De Wet self
was gevang op 30 November 1914 by Waterburg. Hy was gestuur na die Fort tronk in
Johannesburg en ses maande later veroordeel tot ses jare gevangenis op
beskuldiging van hoogverraad. Die boete van omtrent R4 000 was gedelg deur
vrywillige wêreldwye bydraes and De Wet was vrygelaat van die tronk in Desember
1915. Hy trek toe na die plaas Allanvale naby Dewetsdorp en maak in 1916 een
kort openbare verskyning by die begrafnis van President Steyn.
De Wet as
inspirasie Sy lewenswyse en dinkwyse tydens dié later fase van sy
lewe was oorheers deur 'n gees van rus. Hy het gesterf op 3 Februarie 1922 en
was begrawe by die Nasionale Vrouwemonument in Bloemfontein. Eers in dié jaar
word in Nederland die alreeds vervaardigde standbeeld van De Wet geplaas in die
Park 'De Hoge Veluwe'.
Christiaan Rudolph de Wet was een van
die grootste militêre persoonlikhede in die geskiedenis van Suid-Afrika. Hy was
die ongekunstelde liefhebber van die oop vlaktes wat die morale, ideale en
religie van die Voortrekkers aangehang het. Verskeie skilderye en sketse van
De Wet was vervaardig deur kunstenaars soos Antoon von Welie en Thérèze
Duyl-Schwartze. Beeldhouwerke van De Wet was vervaardig deur mense soos Coert
Steynberg, Mendes da Costa en Anton van Wouw.
Met dank aan die Oorlogsmuseum van die
Boererepublieke in Bloemfontein.
NZAW U kan by die
Nederlands-Zuid-Afrikaanse Werkgemeenschap kuier op hierdie webwerf; http://www.nzaw.nl. In die toekoms
sal die NZAW meer van sulke saamtrekke beplan. U kan aansluit by die NZAW, om meer te
wete te kom van aktiwiteite en geskiedkundige, kulturele en godsdienstige
eenheidsbande tussen die Nederlanders en die Afrikaners. In die raamwerk van
Honderd jaar Boerenoorlog kan 'n mens talle ander webwerwe raadpleeg, soos
Die Burger se spesiale Boer War-werf en die Bloemfonteinse Oorlogsmuseum van die
Boererepublieke.
Vir 'n algemener beskouing van die
Boere-Oorlog kan U kyk op die bladsy van Die Roepstem kruger.html
waar die persoon Paul Kruger nader beskryf word, en waar tewens die oorsake en gevolge van die
ingrypende stryd teen die Engelse Imperium beskryf word.
Wat nog moet
gebeur Dit ly geen twyfel nie, dat die Boere-Oorlog in Nederland groot
gevolge gehad het vir die kontakte met die Afrikaners. Voor die Britse agressie
was die Nederlanders nouliks bewus van die Boere, maar juis rond die
eeuwisseling het die belangstelling vir die Boere eers groot geword. 'n Mens
mag hoop dat die entoesiasme van die Nederlanders vir die Afrikaners op die
suidpunt van Afrika deesdae ook 'n heroplewing mag belewe. Nederlanders en Afrikaners word
deur baie kulturele, taalkundige en geskiedkundige faktore (monumente, geboue, letterkunde, ens.) saamgebind, maar wanneer die huidige
identiteitskrisis van die Afrikaner in Nederland bykans ongemerk verby gaan (in
teenstelling tot wat tydens die Boere-Oorlog die geval was!) dan sal ons veels
te laat besef wat van die Nederlandse erfgoed in Suid-Afrika verlore gegaan is. Dit is
tyd om as Nederlandstaliges in Nederland en Vlaandere eksplisiet stelling te
neem teen die verval van die Afrikaner kultuur, soos aangemoedig deur die
Afrikaans-onvriendelike regering in Suid-Afrika.
Marcel Bas.
Die Uwe, Marcel R.
Bas.
Generaal De
Wet
Vir hom
verdwerg vlei vloed berg kordon voor hy's deur hy's
oor geen knou nog knak of hou verswak sy
moed!
- Jan F.E.
Cilliers
Wilt U reageren? U kunt De Roepstem een e-mail sturen: