20/08/1999
Voorwoord van die redaksie (in Nederlands): Die Afrikaner, het blad van de
Zuid-Afrikaanse Herstigte Nasionale Party, heeft in augustus 1999 een zeer
interessant achtergrondartikel over het Genootskap van Regte Afrikaners
gepubliceerd. Dit genootschap was de eerste organisatie die het Afrikaans wou
verheffen van 'kombuistaal' tot officiële, volwaardige en rijke taal. In de
twintigste eeuw is het streven van deze organisatie met groot welslagen
voortgezet door cultuurorganisaties en zelfs regeringen. Afrikaans was deze
laatste eeuw een volledig bruikbare taal die zich met het Engels kon meten. Het
heeft als taal zijn stempel danig op de Zuid-Afrikaanse samenleving weten te
drukken en kranten, tijdschriften, televisie- en radio-uitzendingen en wat dies
meer zij worden tot op de dag van vandaag consequent in goed Afrikaans aageboden
aan de vele miljoenen Afrikaanstaligen.
Wat de doelstellingen waren van Die
Genootskap van Regte Afrikaners kunt U hieronder lezen. Ook krijgt U inzicht in
de strijd die o.m. de Nederlandse heer Pannevis van Die Genootskap
toentertijd voor erkenning van het Afrikaans als volwaardige taal tegen de
overmacht van het koloniale Engels in heeft moeten leveren.
Die Genootskap van Regte
Afrikaners
DIE regstreekse oorsaak van die stigting van die Genootskap van Regte
Afrikaners was te danke aan een man, Arnoldus Pannevis -- taalkenner,
leermeester, primêre grondlegger van Afrikaans as kultuurtaal. Profeet van
buite wat aan die Afrikaner in sy stomheid 'n geestelike tong wou gee.
Op 'n onverklaarbare wyse het hy hom diep aangetrokke gevoel tot
Suid-Afrika en sy Hollandssprekende bevolking. Hier aangekom, kon hy
onmiddellik raaksien wat die Afrikaners in daardie stadium nog net nie te mooi
van geweet het nie. Díe taal, so maklik op die oor, besluit hy, het feitlik al
die sier van sewentiende-eeuse Nederlands waaruit dit gekom het, afgeskud. Sy
siening, gerugsteun deur intelligente geesdrif, het hy gou oorgedra aan
individue in 'n gemeenskap waarin hy hom meer as tuis gevoel het: díe van
Drakenstein, veral Dal Josafat. Hy het by sy vriend, ds. GWA van der Lingen,
tuisgegaan. Daar in die studeerkamer met sy baie boeke moes hierdie twee,
albei met hulle eie Nederlandse erfenis, lang ure gesels het oor hierdie
vreemdste en verste van die Dietse tale.
Dit was tydens Pannevis se onderrigjare aan die Gimnasium dat hy die jong
boereseun SJ du Toit uit Dal Josafat as iemand met uitsonderlike begaafdheid
herken het. Du Toit se lesse by Pannevis ter voorbereiding vir Teologiese
Kweekskool was 'n beslissende oomblik vir sy lewe en sienswyse. En die dag toe
hierdie vurige en geniale kop die argumente en gesonde taalinsigte van
Pannevis vat en in sy hart opneem, was dit die begin van die Eerste Afrikaanse
Taalbeweging. Van Arnoldus Pannevis het SJ du Toit self later getuig: "En hier
kan ons nie nalaat om 'n man te noem wat werklik die eerste met erns die
gedagte uitgespreek en ons o'ertuig het, dat ons 'n eie taal het, en wel 'n
voortreklike taal, wat ons moet erken en beoefen. Die man is o'erlede mnr.
Pannevis, molik die grootste taalgeleerde wat ons ooit in ons land hat."
Nêrens blyk Pannevis se intelligente, ewewigtige siening van die saak van
die Afrikaanse taal so duidelik nie soos in sy ekende bydrae tot Die Patriot
in 1882: Gesprek over het Kaaps- Hollands;
"Oom" en "Neef" voer 'n debat. "Neef" is gretig maar huiwerig. "Oom" se
argumente is egter so rustig oortuigend dat "Neef" gaandeweg sy onsekerheid in
vreugde voel verander... vreugde by die ontdekking van 'n bate waarvan hy nie
bewus was nie. þNeefþ leer ook van "Oom" (Arnoldus Pannevis) dat Afrikaans sy
eintlike beslag gekry het toe die Hollandse gesag in Afrika opgehou het, toe
die spreektaal van die Kaapse bevolking, blank en bruin, te staan gekom het
voor die oorheersende feit van die wêreldtaal, Engels. Wat die hele saak vir
"Neef" beklink, is "Oom" se versekering: "Een naauwgezette studie en
beoefening onzer taal zal haar eigenaardige kracht en biezondere schoonheid
aan het daglicht brengen, en men zal zich nog eendag over dat verachte
Afrikaans verwonderen..."
Waar tevore het ooit so iets plaasgevind? Dat 'n immigrant 'n nuwe land
betree, en plotseling iets van oorheersende belang in die kultuurbesit
raaksien op 'n wyse wat die inheemse bevolking nog die heeltyd onwyk het? En
dit teen die agtergrond van 'n Engelsman, -Lord Charles Somerst, se besieling
met die idee van 'n "Empire". Dit was Engels in die howe, Engels in die skole,
verkieslik ook Engels in die kerk.
Stel jou voor: mense met 'n eie spreektaal wat hulle nie eens kon lees of
skryf nie. Want daar is niks om te lees, en hulle het ook nie eens die woorde,
die taalmeganiek waarmee hulle kon skryf nie. Hulle staan met 'n stukkie van
'n taal wat swaar dra aan die dooie hand van die VOC-verlede, opnuut verkneg
deur 'n nog vreemder idioom -- 'n doofstom volk.
Arnoldus Pannevis sien dit raak met die vars blik van 'n fyn, onafhanklike
gees van buite. In 'n privaat brief op 7 November 1874 aan die Britse en
Buitelandse Bybelgenootskap (BBBG) in London, pleit hy dat hul die Bybel in
Afrikaans moet vertaal en uitgee. Dit moes gedoen word met die oog op die
Blankes en Kleurlinge wat dit beter sou begryp in Afrikaans as in Hollands of
Engels. Hy doen dan ook iemand aan die hand wat volgens hom uitmuntend bevoeg
sou wees om so 'n vertaling te onderneem te wete SJ du Toit. Die BBBG verwys
die brief na hul plaaslike verteenwoordiger in die Kaap, ds. George Morgan.
Ds. Morgan skakel toe met SJ du Toit maar hy wou eers die saak met 'n paar
voorstaanders van Afrikaans bespreek alvorens hy antwoord gee. So word 'n
byeenkoms gereel vir Saterdag 14 Augustus 1875 in Gideon Malherbe se huis in
Pastorielaan Paarl.
Die vergadering is deur die volgende agt persone bygewoon in volgorde van
ouderdom: Gideon Malherbe, CP Hoogenhout, DF du toit (bynaam "Dokter"), DF du
Toit (oom Lokomotief), sy broer SJ du Toit, August Ahrbeck en Petrus Malherbe
en SG du Toit. JPJ Dempers, 'n godsdiensonderwyser van Wellington is ook
verwag, maar hy het nie opgedaag nie. Almal behalwe Hoogenhout en Arbeck was
familie. Maar die agt jollie kêrels het nie net vir 'n geselsie bymekaargekom
nie; hulle het formeel vergadering gehou. Hulle noem dit "een voorlopige
vergadering van Afrikaanders". Bybelvertaling is bespreek, maar die kar kon
tog nie voor die donkies ingespan word nie. Die taal moes eers 'n vaste
skryfvorm kry. 'n Kommissie word dus benoem en Die Genootskap se konstitusie
("naam en reþels") sou ogestel en by 'n volgende vergadering voorgelê word.
Vyf maande nadat hulle die eerste keer vergader het, verskyn Die Patriot
waarin "ieder Regte Afrikaander" (met Afrikaanse en nie Hollandse of Engelse
harte nie) opgeroep word "om te staan ver ons Taal, ons Nasie en ons Land".
Met reg kan gesê word dat die hele heroiese era van die Afrikanervolk deur
die enkelvoudige taalaanvoeling van 'n beskeie maar diep sensitiewe mens in sy
spesifieke koers en vorm geplaas is: Arnoldus Pannevis. En net so onopgemerk
as wat hy gekom het is hy weer weg. Nadat hy by die Gimnasium bedank, gaan bly
hy op Dal Josafat en gee daar onderwys aan 'n privaat skooltjie wat die
"Gedenkschool der Hugenoten" sou word, opgerig deur die Genootskappers as 'n
"lewende monument", om die twee eeue van hulle Hugenoteskap in Suid-Afrika te
onthou. Sy gesondheid was altoos swak en ten tye van sy dood op die betreklike
jong ouderdom van 46 het hy by WP du Plessis op die plaas Groenrivier, in
Wellington gewoon.
Vir hierdie taalbesieldes het dit gegaan oor lewenstyl, wat onafhanklikheid
van gees is. 'n Bloedlyn wat ver terug loop in die verlede, van 'n lang
geskiedenis van verset teen dwingelandy. Na GWA van der Lingen, Estienne
Barbier, die Franse vlugtelinge en hul Vryburgergeesgenote, die slag van
Majuba wat ses jaar na die stigting van die GRA plaasvind, bereik dit sy
hoogtepunt met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Dit het gegaan oor
die 2waarde van 'n vry mens wat op sy eie voete loop en tegelyk sy nederigheid
voor sy Skepper en sy eie waarde as skepsel herontdek en daarop aandring.
Dis karakter, -idioom van 'n besondere skeppende persoonlikheid. Dit is die
betekenis van die kunstenaar of kultuurleier, om die ontwikkeling van die volk
te lei deur te bepaal wat waardervol en sterk is en hom te laat lei deur sy
geloof in die suiwere, en sy liefde vir die skone.
Wanneer ons ons taalhelde eer, eer ons die geestelike dinge wat juis aan
die stoflike dieper betekenis en sin gee. 'n Volk se waarde word daarom nie
geskat op grond van aardse besittings of magsprestige nie, maar word gemeet
aan die waarde van sy letterkunde, musiek, beeldende kunste en sy waardering
vir wat goed, mooi en ewig in die alledaagse lewe is. Die aansien wat
Afrikaanse taal- en letterkunde in 'n eeu verwerf het, is 'n geringe tydperk
in vergeleke met die letterkundige ontwikkeling van groot kultuurvolke.
Die Latynse skrywer Seneca het gese: "Die mens word groter na mate hy sy
doel hoër stel". Mag daar in 'n tyd waar lewenstyl in die vergetelheid van
middelmatigheid verdwyn het, die stryd weer aangesê word deur die volk wat
Afrikaans as sy erfenis verkry het, teen die hol, vlak en onbeskaamde woord
wat nie meer verhef of inspireer nie, maar soos 'n bril is wat met wasem
beslaan is.
Die Patriotgebou: Historiese reus van Die Paarl
Die Patriotgebou is seker een van die mees historiese geboue in die
renaissance van die Afrikaner. Dit is hier waar die eerste Drukpers van die
maatskappy "DF du Toit & Co." gestasioneer was. Die heel eerste "Die
Afrikaanse Patriot" het dus hier sy eerste lewenslig aanskou. Die boonste
verdieping van die gebou het oorspronklik 'n balkon met pilaartjies gehad en
die veranda met sy dekoratiewe traliewerk het later aangekom. Die linkervleuel
van die gebou was ook vir lank die woning van seker die mees gineale man wat
Suid-afrika opgelewer het - SJ du Toit. Dit het alles so gebeur. In 1882 gee
ds. SJ du Toit sy predikantskap in Noorder Paarl op om Superintendent van
Onderwys in die ZAR te word. Na 7 jaar bedank hy in díe hoedanigheid en
onderneem 'n uitgebreide toer deur die hele Europa met sy gesin. Gedurende die
reis ontvang hy egter 'n brief met die skokkende nuus dat þDe
Eendrachtþ-Goudmaatskappy waarin al sy bates belê is, ineengestort het en
gelikwideer is. Hy kom in 1890 met sy gesin in die Paarl aan. Dieselfde plek
waar hy agt jaar tevore nog as geliefde predikant so 'n groot plek in die
samelewing gehad het, en dinamiese leier van die grootste kultuurontwikkeling
was, staan hy nou op die stasie- platvorm met sy gesin en 'n paar reiskoffers.
Waarheen? Sy skoonmoeder Joubert kry vir hulle 'n kamertjie in die agterplaas
van 'n gehuurde woning. SJ du Toit het voor die Here 'n gelofte afgelê dat as
die here hom binne 'n sekere tyd tot 'n sekere bedrag seën, sodat hy
genoegsaam sy gesin kon versorg, hy sy betrekking sal bedank en hom aan
Bybelvertaling wy (voor sy vertrek na Europa het president Paul Kruger hom
oorreed om by sy terugkoms weer sy ou betrekking te hervat). En nou het God
alles uit sy hande geslaan. Gaan SJ du Toit steeds die Bybel vertaal? Met sy
gesin van sewe mense, saamgehok met 'n geleende hangkas en 'n laken vir 'n
afskorting, kry sy bekende wêreld tog vleuels. Japie (Totius) op daardie
stadium 14 jaar oud, onthou hoedat hy sy pa bewonder het toe hy, asof daar
niks gebeur het nie, onder die moeilikste omstandighede gaan sit en begin
skryf en die Bybel begin vertaal. Beter dae het egter aangebreek toe die gesin
"enige tyd later... die linkervleuel van die Drukker-gebou betrek het". En dis
in hierdie gebou waar SJ du Toit weer volstoom die leisels van Die patriot met
al die joernalistiek oorneem. Nie alleen was SJ du Toit die motoriese krag
agter die Eerste Taalbeweging nie, maar hy was ook die dryfveer agter die
totstandkoming van die "Gedenkschool der Hugenoten". Sy herhaaldelike pleidooi
as 'Ware Afrikaner' het die geesdrif ontketen vir hierdie merkwaardige skool.
Hy wou niks weet van 'n dooie monument van bakstene en klei nie, "maar ter
nagedagten van die vroom Hugenoten" wat hul vaderland, goed en bloed vir die
eer van God opgeoffer het, moet daar 'n "levendige monument" wees. "Nee, die
beste en nuttigste Gedenkteken wat ons kan oprig is 'n skool, na die behoefte
van ons land en volk en kerk." Die program vir die Eerste
AfrikaanseTaalbeweging was SJ du Toit se program. Dit was 'n omvattende
program, nie net beperk tot een terrein van die lewe nie, maar die vestiging
van die Afrikaanse kultuur op elke aspek daarvan. En SJ as Afrikaanse profeet,
het die gawe besit om sy ideale prakties te verwesenlik. En die vonk wat van
vader na seun oorgespring het, het sy eie vuur geword. Totius sou seker die
grootste teoloog op Suid- Afrikanse bodem ooit word, veral as Bybelvertaler en
Psalmberymer, naas sy bydrae as een van die beste letterkundiges en
wetenskaplikes in ons geskiedenis. So staan die Patriotgebou as 'n monument en
getuienis van 'n helde-era in ons geskiedenis.
Blad laas opgedateer 20 Augustus 1999.
|