DE ROEPSTEM - DIE ROEPSTEM
Suid-Afrika en NamibiëVlaanderenNederland en de Nederlandse AntillenSuriname

Naar Thuisbladzijde

`

 

Kleurrijk en cultuurrijk Nederland
Nederland bekent kleur; al eeuwen!
Kleurryke en Kultuurryke Nederland
Nederland wys sy kleur; eeue lankal!


Welkom by hierdie foto-album van Nederlandse 'klederdrachten'!

Inhoud
  • Foto-album van Nederlandse kulturele rykdom / Fotoboek van Nederlandse culturele rijkdom
  • Die rykgeskakeerde kultuur van Nederland (Afr.) / De rijkgeschakeerde cultuur van Nederland (Ned.)
  • E-pos / E-post
  • Die Roepstem-inhoudsopgawe / De Roepstem-inhoudsopgave




  • Katwijk
    Twee Katwijkse vroue loop uit die wit Hervormde Kerk uit Effens skaam lag hierdie twee vroue van Katwijk

    Twee Katwijkse vroue voor die wit gereformeerde kerk / Kyk hoe groot is die tjalies
    Katwijk is 'n vissersdorp aan die Noordseekus van Nederland wat 'n opvallende, eie aard het. Die Calvinistiese geloof is daar sterker teenwoordig as elders in die wye omtrek. Daar was onlangs nog net een vrou wat die ou Katwykse kleredrag gedra het, maar sy is nou oorlede.
    Baie merkwaardig is die Katwijkse dialek, wat beskou word as 'n oorblyfsel van die ou dialekte wat gepraat was in Zuid-Holland. Daar is opvallende gelykenisse met Afrikaans, wat dan ook afstam van daardie ou streektale in Zuid-Holland. By die inwoners van Leiden, Voorschoten, Zoeterwoude en ander plekke in die westelike Zuid-Holland, is Katwijk baie bekend as baaiplek. Dertig jaar gelede was daar ´n paar mense wat in die noordeliker geleë buurdorp Noordwijk kleredrag gedra het. Hierdie, duidelik van die Katwijkse kleredrag afwykende klerekuns, het tans heeltemal uitgesterwe. Vandag is die Rooms-Katolieke Noordwijk en die Gereformeerde Katwijk nog baie verskillend, maar hulle het tog ook baie gemeen en inwoners van albei die dorpe maak dikwels baie grappe oor mekaar.





    Scheveningen
    Vissers en hul pragtig aangetrekte vroue laat hulle afneem op die hawe van die voormalige dorp 
Scheveningen, wat nou sy 
karakter gaan verloor weens die stadskultuur van die groter stad Den Haag 'n 
Vissersvrou staan en maak die 
haringe skoon op die 'visafslag'; die plek waar die vis aan land gebring en verhandel word

    Dis nou 'n vertroude gesig op die hawe / Om haring skoon te maak vereis roetine
    Scheveningen was altyd 'n deel van die groter stad Den Haag gewees, maar deesdae verloor Scheveningen al meer van sy eie karakter weens die verstedelikende invloed van dié groot stad. In die stede Den Haag, Leiden en omgewing kan 'n mens soms kuierende Scheveningse vrouens in volle prag raaksien.
    Scheveningen is 'n beroemde baaiplek. Ondanks die verstedeliking en skaalvergroting in die weste van die provinsie Zuid-Holland is die streng protestantse geloof en kleredrag nog gewoon op Scheveningen. 'n Mens kan die dialek in die strate hoor en die kleredrag daeliks sien in die Scheveningse buurt Duindorp. Die intense kontak op see met Katwijkers het daarvoor gesorg dat die Scheveningse en die Katwijkse dialekte baie ooreenkomende eienskappe vertoon.






    Bunschoten en Spakenburg
    Kleredragte is nog algemeen op Spakenburg. Die Spakenburgers is baie ordentlik

    Die dames wys die kleurryke Spakenburgse 'klederdracht'. Spakenburgers is baie netjies.
    Die Gereformeerde karakter van die dorpe Spakenburg en Bunschoten het oer-Hollandse gebruike in stand gehou. Die dorpe is geleë aan die voormalige Zuiderzee, tans IJsselmeer.
    Die mans en vrouens van 'Spiekedarp' geld as besonder harde werkers. Hulle is vrolik en baie verdraagsaam vir almal wat nie lui is nie. Die doek om die skouers is kleurryk en word met stysel in geboë toestand gedroë. Die Spakenburgse drag geld as een van die mees gedraagde dragte.






    Staphorst en Rouveen
    Die kappie met blomopdruk is opvallend
    Op die mark van Zwolle sien 'n mens dikwels Staphorster vroue saam lag en baljaar Manskleredrag word nouliks nog op Staphorst gesien.

    'Stapperster' vroue is baie trou aan hul kleredrag. Manskleredrag word nog nouliks gesien.
    Vir baie dekades is die ou noordelike dorp Staphorst 'n gesogte onderwerp vir etnoloë. Die munisipaliteit Staphorst bestaan uit die dorpe Staphorst, Rouveen, IJhorst en omringende woongebiedjies. Daar is die kleredrag 'n daelikse gebruik. Deur sy geografiese ligging was Staphorst eeuelank 'n gemeenskap wat ou gebruike, taal en godsdiens in stand gehou het. 'Stapperst' is streng protestants en behalwe die mooi kleredrag weerspieël die mooi groen, kunstig geboude hoewes en huise die ryk kultuur van die Staphorsters. In teenstelling tot die dorpe in Zeeland, Zuid-Holland, Noord-Holland en Gelderland waar tradisionele kleredrag gedra word, is Staphorst nie afhanklik van vissery nie, maar van die landbou en veeteelt.






    Die voormalige eiland Urk / die skiereiland Marken / Volendam en Edam

    Urk was tot 1942 'n eiland met sy eie 
karakter Ook op Marken geld: 'Jong geleerd is oud gedaan' Volendam, toeristiese attraksie.
hier lyk die kleredrag springlewendig

    Urkse vroue voor die vuurtoring / Klere word oorgeërf op Marken / 'n Meisie van Volendam.
    Die linker foto wys vrouens op Urk, die middelste een 'n vrou met kindjie op die skeireiland Marken en die regter een toon 'n meisie in Volendamse klere.
    Urk was tot 1942 'n eiland in die Zuiderzee. Die inpoldering van die see van Urk af in die rigting van die vasteland en die aanlê van die Afsluitdijk kon nie verhoed dat die Urkers afhanlik gebly het van die seevissery nie. Die isolasie van die eiland het die eie dialek in stand gehou en die vriendelike vrouwens met hul opmerklike tabberds, wit kappies en kleurige, opvallende pienk tjalies kan 'n mens oral op die dorp raaksien. Hierdie drag word Urker genoem. Die suideliker, naburige voormalige eilandjie Schokland is nou ook deel van die Noordoostpolder. Schokland maak nou deel uit van die dorp Emmeloord. Op Schokland was die dra van kleredrag ook normaal, totdat die eiland in die twintigste eeu amper deur die see oorspoel was. Toe besluit die regering om die eilandbewoners - die 'Schokkers' - Kampen toe te skuif. In dié die bekende Calvinistiese stad het die schokkers hulle geassimileer in die bevolking daar en het hulle hul identiteit en kultuur verloor. Urk staan bekend as 'n geweldig hegte gemeenskap met 'n groot trots en gesonde sosiale selfreinigende vermoë.

    Heel regs wys 'n meisie ons die drag van die Rooms-Katolieke dorp Volendam. Volendam is 'n hegte gemeenskap waar almal mekaar ken, en waar burehulp 'n moet is. Hulle blink uit met hul musikale (BZN, The Cats) en sportiewe prestasies. Volendam lê anderkant die IJsselmeer/Zuiderzee; Urk lê oostelik, Volendam westelik. Op sowel Volendam as Edam het die tradisie van kleredrag byna verdwyn.

    Op die nabygeleë skiereiland Marken word, nes op Volendam en Edam, baie kleredrag gedra. Die Marker drag het met die Urker drag gemeen dat die kappie ('hul') die hare laat sien. Maar op Marken word die hare lank gedra, terwyl die ander dragte se kappies kort hare of bollas vereis.

    In die provinsie Zeeland, met name op die dorpe Arnemuiden, Kruiningen, die hoofstad Middelburg én in Zeeuws-Vlaanderen, is die kleredrag nog geweldig baie in swang. Fotomateriaal van die uiteenlopende soorte Seeuse (=Zeelandse) kleredragte kon ons nog nie versamel nie. Hopelik kan ons spoedig hierdie bladsy voorsien met foto's van dié plekke. Verskeie dorpe in die binneland van die provinsie Gelderland ken origens ook baie kleredragdraers. Ons noem Barneveld op die Hoge Veluwe en Rijssen in die suid-ooste van Gelderland. Weereens is die protestantse geloof baie sterk in hierdie streek.






    De rijkgeschakeerde cultuur van Nederland
    Prachtige klederdrachten als toonbeeld van culturele rijkdom

    Nederland heeft een rijke culturele traditie. Niettemin, dit noordelijke deel van de Nederlanden lijkt naadloos aan te sluiten op het beeld naar de rest van wereld toe, dat de volkeren der West-Europese staten op weg zijn naar een verder verlies van eigen cultuur, terwijl de regeringen weer een veelheid aan ingevoerde culturen van buiten Europa als een verdienste en culturele verrijking voorstellen. Maar toch; er zijn vele streken in West-Europa waar autochtone regionale gebruiken nog volop gekoesterd worden of waar - sterker nog - plaatselijke, historisch gegroeide, opvallende cultuuruitingen als deel van het dagelijks leven worden gezien en eigenlijk alleen voor toeristen bijzonder zijn. Bij vele tienduizenden mensen in Oostenrijk en Zwitserland wordt klederdracht ('Trachten') als iets heel normaals gezien, terwijl in Frankrijk - Bretagne bijvoorbeeld - dit gebruik verwordt tot een door nostalgie en feestdagen ingegeven gelegenheidsgebruik.
    Nederland hangt hier tussenin. In het vrijzinnige Nederland gaan plaatselijke gebruiken tenonder door een gebrek aan nationale c.q. regionale trots en besef van eigenheid, en door een behoefte om modern te zijn en zich zo los mogelijk van de eigen gemeenschap te bewegen. Toch zijn er gemeenschappen die afhankelijk zijn van de landbouw en visserij, waar een onwrikbaar vertrouwen in het christelijk geloof leeft en waar de opmerkelijke regionale klederdracht voor veel mensen tot het dagelijks leven behoort. Helaas willen jongeren meestal niet meer deze bijzondere kleding dragen.
    Er heerst in Nederland een algemeen vooroordeel dat ervan uitgaat dat klederdrachten enkel worden gedragen in gemeenschappen die lid zijn van de Gereformeerde Bond binnen de Hervormde Kerk of van de Gereformeerde Kerken, Vrijgemaakt. Het Rooms-Katholieke dorp Volendam heeft, zoals U hierboven kunt zien, ook de kunst van klederdrachten behouden. Het Gereformeerde Edam vormt dan ook de protestantse wederhelft van de gemeente Edam-Volendam, waartoe Volendam behoort.

    Hierboven vindt U recente foto's van deze kleurrijke, cultuurrijke en eigensoortige kant van Nederland. Kijk nu, want over enkele decennia 'sal 't haest zijn ghedaen' met deze rijkdom van eigen bodem.

    Die rykgeskakeerde kultuur van Nederland
    Pragtige kleredragte as toonbeeld van kulturele rykdom.

    Nederland het 'n ryk kulturele tradisie. Nietemin, dit lyk asof hierdie noordelike deel van die Nederlande soomloos aansluit by die prentjie wat die wêreld van die Wes-europese volkere het, namelik dat hulle op pad is na 'n verder verlies van die eiendomlike, terwyl die regerings weer amptelik 'n veelheid van ingevoerde nie-Europese kulture as 'n verdienste en kulturele verryking wil laat voorkom. Maar darem; daar is baie kontreie in Wes-Europa waar streekgebonde inheemse gebruike nog volop gekoester word en - wat meer is - waar regionale, histories gegroeide, opmerklike kultuuruitings nog as deel van die daelikse lewe beskou word. By baie tienduisende mense in Oostenryk en Switserland word tradisionele kleredrag ('Trachten') as iets baie normaal gesien, terwyl in Frankryk - byvoorbeeld in Bretagne - hierdie gebruik afsak tot 'n deur nostalgie en feesdae ingegewe geleentheidsgebruik.
    Nederland staan hier as 't ware tussenin. In die liberale Nederland gaan lokale gebruike onder deur 'n gebrek aan nasionale of regionale trots en die besef van eiendomlikheid, en deur 'n behoefte om modern te wees en om jou so los as moontlik van jou gemeenskap te beweeg. Tog is daar ook gemeenskappe wat afhanklik is van die landbou en vissery; waar 'n onwrikbare vertroue in die christelike geloof voortlewe en waar die merkwaardige streekgebonde kleredrag vir baie mense by die daelikse lewe behoort. Ongelukkig wil die meeste jongmense nie langer hierdie besonder klere dra nie.
    In Nederland is daar 'n algemene vooroordeel wat daarvan uitgaan dat kleredrag net gedra word in gemeenskappe wat lidmate is van die Gereformeerde Bond binnen de Hervormde Kerk of van die Gereformeerde Kerken, Vrijgemaakt. Die Rooms-Katolieke dorp Volendam het, soos u hierbo kan sien, ook die kuns van kleredrag behou. Die Gereformeerde dorp Edam vorm dan ook die protestantse wederhelf van die munisipaliteit Edam-Volendam, waartoe Volendam behoort.

    Hierbo vind u onlangse foto's van hierdie kleurryke, kultuurryke en eiensoortige kant van Nederland. Kyk nou, want in enkele dekades 'sal 't haest zijn ghedaen' met hierdie rykdom op eie Nederlandse bodem.

    8 April 2002,
    Marcel Bas, Voorschoten, Nederland



      Wilt U reageren? U kunt De Roepstem een e-mail sturen: Stuur 'n boodskap! Terugvoering word gewaardeer.


      Roepstem Inhoudsopgawe / Inhoudsopgaaf:

      | De Roepstem Hoofdpagina / Tuisbladsy | Onderhoud met Marcel Bas in tydskrif In Diepte | Identiteitspolitiek in Nederland | Bezoek aan Zuid-Afrika in 2007 | Traditionele muziek van eigen bodem en van de Afrikaners | Menno van Coehoorn en de vesting van Namen | De Vier Heemskinderen | Wallonië is deel van de Nederlanden | Virginia Woolf's class consciousness | Boekbespreking: Hermann Wirth | Engelbert Dollfuss: corporatisme in Oostenrijk | António Salazar: corporatisme in Portugal | A la recherche du sens perdu? | De noodklok luidt voor het Afrikaans | De knieval van de Mondriaan Stichting | The Meaning of Tradition in Homer's Odyssey (English) | The demise of the Scots spelling system (English) | Waarom een Hollander een (halve) Vlaming is | Vlaanderen, de Calimero van West-Europa | De Waalse bijdrage in de Opstand | Haarlem heeft een Vlaams gezicht | Zannekin Jaarboek 2005 | Turkije is niet Europees | Tegen EU-toetreding Turkije | Invloed van Afrikaans op Zuid-Afrikaans Engels | De Reformatie in de Nederlanden | Op besoek by die Boere-Sports in Patagonië, Argentinië | De Vlaamse Beweging en de (toekomstige) macht | Verengelsing in Nederland en Suid-Afrika" | Afrikaans, die Sondebok | Leiden, een Heel-Nederlands succesverhaal | Zuiderse kijk op de Nederlanden | Nederlandse handelscompagnies (1602-1795) en verbreiding v/d Nederlandse taal en cultuur | Groen van Prinsterer en de Scheuring van de Nederlanden | Die trotse honderdjarige gemeenskap van Afrikaners in Argentinië (1902-2002) | De Engelse ziekte van Tijdschrift Cosmopolitan | Van der Postgastehuis in Philippolis, SA | Pieter Geyl in Zuid-Afrika | Kleurryke en Kultuurryke Nederland; Kleredragte | De Nederlanden in de 21ste eeuw | De herrijzenis van een vertrapte taal en cultuur | "Er zijn geen Belgen!" | Bijdrage van de Stichting Taalverdediging aan De Roepstem | Frans Vlaanderen | Prof. dr Geyl: "Zuid-Afrika in Heel-Nederlands verband" | Groot-Nederland versus Heel-Nederland? | Taalverslapping is Taalverloedering | Afrikaans - Nederlandse Valse Vrienden | De Nederlanden in het Verenigd Europa | Boere-oorlog: Generaal De Wet Herdenking in Nederland | ANC-cultuurimperialisme bedreigt Afrikanercultuur | Paul Kruger en zijn Volk | "Julle Nederlanders vermoor julle eie taal!" | Afrikaans-Nederlandse opmerkelijke verschillen | De twee Nederlandse Volksliederen | Die Suid-Afrikaanse Volksliedere | Die Vlaamse Volkslied; De Vlaamse Leeuw | Die Volkslied 'Die Afrikaanse Leeu' | Het Wilhelmus; volledig en oorspronkelijk | Het Surinaamse Volkslied | Deel I Discussie: Prof. P.C. Paardekooper | Deel II Discussie: Hans van Zelsts Reactie | Deel III Discussie: Reactie Van Oostrum op Van Zelst en v.v. | "Die Genootskap van Regte Afrikaners" | Introduction to Afrikaans and the Discrimination it faces (English) | The United Europe as an Antidote to a democratic Nation-State in the Ideas of F. Nietzsche (English) | Holland and its People; ingescand boek van Edmondo de Amicis (English) |






        Naar Thuisbladzijde


        of:

        Naar boven