Katwijk
Twee Katwijkse vroue voor die
wit gereformeerde kerk / Kyk hoe groot is die tjalies Katwijk is 'n visserdorp aan die Noordseekus van
Nederland wat 'n opvallende, eie aard het. Die Calvinistiese geloof is
daar sterker teenwoordig as elders in die wye omtrek. Daar was onlangs nog
net een vrou wat die ou Katwykse kleredrag gedra het, maar sy is nou
oorlede. Baie merkwaardig is die Katwijkse dialek, wat beskou word as
'n oorblyfsel van die ou dialekte wat gepraat was in Zuid-Holland. Daar is
opvallende ooreenkomste met Afrikaans, wat dan ook afstam van
daardie ou Zuid-Hollandse streektale. Inwoners van Leiden,
Voorschoten, Zoeterwoude en ander plekke in die westelike Zuid-Holland, ken
Katwijk baie goed as baaiplek. Dertig jaar gelede was daar nog ´n paar mense oor wat in Noordwijk
plaaslike kleredrag gedra het. Hul duidelik van die Katwijkse kleredrag
afwykende klerekuns, het tans heeltemal uitgesterwe. Vandag is die Rooms-Katolieke
Noordwijk en die Gereformeerde Katwijk nog baie verskillend, maar hulle
het darem baie met mekaar gemeen en inwoners van albei die dorpe maak dikwels grappe oor
mekaar.
Scheveningen
Dis nou 'n vertroude gesig op
die hawe / Om haring skoon te maak verg roetine Scheveningen was altyd 'n deel van die groter stad Den
Haag gewees, maar deesdae verloor Scheveningen al meer van sy eie karakter
weens die verstedelikende invloed van dié groot stad. In die stede Den
Haag, Leiden en omgewing kan 'n mens soms kuierende Scheveningse vrouens
in volle prag raaksien. Scheveningen is 'n beroemde baaiplek. Ondanks
die verstedeliking en skaalvergroting in die weste van die provinsie
Zuid-Holland is die streng protestantse geloof en kleredrag nog gewoon op
Scheveningen. 'n Mens kan die dialek in die strate hoor en die kleredrag
daeliks sien in die ou Scheveningse sentrum (Keizerstraat, Vijzelstraat, Rogstraat, Ooststraat, Kerklaan, ens.). Die intense kontak
op see met Katwijkers het veroorsaak dat die Scheveningse en die
Katwijkse dialekte baie ooreenkomende eienskappe vertoon.
Bunschoten en
Spakenburg
Die dames wys die kleurryke
Spakenburgse 'klederdracht'. Spakenburgers is baie
netjies. Die Gereformeerde
karakter van die dorpe Spakenburg en Bunschoten het oer-Hollandse gebruike
in stand gehou. Die dorpe is geleë aan die voormalige Zuiderzee,
tans IJsselmeer. Die mans en vrouens van 'Spiekedarp' geld as
besonder harde werkers. Hulle is vrolik en baie verdraagsaam vir almal wat
nie lui is nie. Die doek om die skouers is kleurryk en word met stysel in
geboë toestand gedroog. Die Spakenburgse drag geld as een van die mees
gedraagde dragte in Nederland.
Staphorst en
Rouveen
'Stapperster' vroue is baie
trou aan hul kleredrag. Manskleredrag word nog nouliks
gesien. Die ou
noordelike dorp Staphorst is reeds vir baie dekades is 'n gesogte studie-onderwerp vir etnoloë. Die
munisipaliteit Staphorst bestaan uit die dorpe Staphorst, Rouveen, IJhorst
en omringende woongebiedjies. Daar is die kleredrag 'n daelikse gebruik.
Deur sy geïsoleerde geografiese ligging was Staphorst eeuelank 'n gemeenskap wat ou
gebruike, taal en godsdiens in stand gehou het. 'Stapperst' is streng
Protestants en behalwe die mooi kleredrag weerspieël die mooi groen,
kunstig geboude hoewes en huise die Staphorsters se ryk kultuur. In teenstelling tot die
dorpe in Zeeland, Zuid-Holland,
Noord-Holland en Gelderland waar tradisionele kleredrag gedra word, is
Staphorst nie afhanklik van vissery nie, maar van die landbou en
veeteelt.
Die voormalige eiland Urk / die skiereiland
Marken / Volendam en Edam
Urkse vroue voor die
vuurtoring / Klere word oorgeërf op Marken / 'n Meisie van
Volendam. Die linker foto wys
vrouens op Urk, die middelste een 'n vrou met kindjie op die skeireiland
Marken en die regter een toon 'n meisie in Volendamse klere. Urk was
tot 1942 'n eiland in die Zuiderzee. Die inpoldering van die see
van Urk af in die rigting van die vasteland en die aanlê van die
Afsluitdijk kon nie verhoed dat die Urkers afhanlik gebly het van
die seevissery nie. Die isolasie van die eiland het die eie dialek in
stand gehou en die vriendelike vrouwens met hul opmerklike tabberds, wit
kappies en kleurige, opvallende pienk tjalies kan 'n mens oral op die dorp
raaksien. Hierdie drag word Urker genoem. Die suideliker, naburige
voormalige eilandjie Schokland is nou ook deel van die
Noordoostpolder. Schokland maak nou deel uit van die dorp
Emmeloord. Op Schokland was die dra van kleredrag ook normaal,
totdat die eiland in die twintigste eeu amper deur die see oorspoel was.
Toe besluit die regering om die eilandbewoners - die 'Schokkers' - Kampen
toe te skuif. In dié die bekende Calvinistiese stad het die schokkers
hulle geassimileer in die bevolking daar en het hulle hul identiteit en
kultuur verloor. Urk staan bekend as 'n geweldig hegte gemeenskap met 'n
groot trots en gesonde sosiale selfreinigende vermoë.
Heel
regs wys 'n meisie ons die drag van die Rooms-Katolieke dorp Volendam.
Volendam is 'n hegte gemeenskap waar almal mekaar ken, en waar burehulp 'n
moet is. Hulle blink uit met hul musikale (BZN, The Cats) en sportiewe
prestasies. Volendam lê anderkant die IJsselmeer/Zuiderzee; Urk lê
oostelik, Volendam westelik. Op sowel Volendam as Edam het die tradisie van
kleredrag byna verdwyn.
Op die nabygeleë skiereiland
Marken word, nes op Volendam en Edam, baie kleredrag gedra. Die
Marker drag het met die Urker drag gemeen dat die kappie ('hul') die hare laat
sien. Maar op Marken word die hare lank gedra, terwyl die ander dragte se
kappies kort hare of bollas vereis.
In die provinsie
Zeeland, met name op die dorpe Arnemuiden, Kruiningen, die hoofstad
Middelburg én in Zeeuws-Vlaanderen, is die kleredrag nog geweldig baie in
swang. Fotomateriaal van die uiteenlopende soorte Seeuse (=Zeelandse)
kleredragte kon ons nog nie versamel nie. Hopelik kan ons spoedig hierdie
bladsy voorsien met foto's van dié plekke. Verskeie dorpe in die binneland
van die provinsie Gelderland ken origens ook baie kleredragdraers. Ons
noem Barneveld op die Hoge Veluwe en Rijssen in die suid-ooste van
Gelderland. Weereens is die protestantse geloof baie sterk in hierdie
streek. |